Standard Bank Centre
Welkom by Universiteit Stellenbosch

kort Kursus

​​​Agri-leierskap, bestuur en mentorskapontwikkeling

Dié program, wat in samewerking met PwC aangebied word, is op middelbestuur gerig en bied opleiding vir agri-mentors en bestuurders/leiers wat in die landboutransformasie- en grondhervormingsomgewing bedrywig is. Tot op hede is kortkursusse in samewerking met die mentorskapprogramme van 'n verskeidenheid landbou-organisasies, insluitend GraanSA, aangebied. Die doel met die kursusse is om kapasiteitsonwikkeling in die grondherstelprogram te ondersteun. Die opleiding van 80 beroepsmense om leiding te bied in grondhervormingsprojekte in Limpopo, in samewerking met die Limpopo Agribesigheidontwikkelingsalliansie (Limpopo Agribusiness Development Alliance (LADA)), is in 2012 onderneem. Die uitbreiding van hierdie program om op sake-ontwikkeling te fokus, word vir die toekoms in samewerking met Standard Bank en PwC beplan.

Photo 5.jpg