Standard Bank Centre
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Die Agri-leierskaplaboratorium

​​​

 IMBIZO 2015


   

​​

 

"Beide Voedselsekuriteit en Grondherverdeling is Ononderhandelbare Elemente in die Transformasie van die Suid-Afrikaanse Landbou; en die Regering beskou Kommersiële Boere as 'n Strategiese Vennoot in die Proses"

 

Die onlangse 'grond-imbizo' wat op 26 Februarie 2015 by die Gordon Institute for Business Science gehou is, is die derde van sy soort sedert Junie 2012 en het 'n belangrike gespreksmeganisme verskaf vir rolspeler in die landbou om in openhartige dialoog met die leierskap van die regerende party oor landbou en grondhervormingsake te tree. Die sekretaris-generaal van die ANC (mnr Gwede Mantashe) het met 'n aantal van die leier kommersiële boere vergader as deel van 'n reeks afsprake gedryf deur 'n privaat inisiatief in samewerking met die 'In Transformation Initiative' en die Standard Bank Sentrum vir Agribesigheidsontwikkeling en -leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Die bereidwilligheid van mnr Mantashe, wat self 'n boer in die Elliot/MacLear-distrik is, om met kommersiële boere in gesprek te tree, rig duidelik 'n brug op tussen hierdie boere en die regerende party met betrekking tot verskeie betwiste landboubeleidskwessies, en in hierdie instansie met betrekking tot die tweeledige imperatief om "'n balans te vind tussen die behoefte om die beleid te transformeer en om te verseker dat voedselsekuriteit handhaaf word".

Soos deur mnr Mantashe aangedui, dra die robuuste debat tydens hierdie forums daadwerklik by tot die voortgesette evolusie van landboubeleid en dien dit om 'n positiewe verhouding tussen die regerende party en vooraanstaande kommersiële boere daar te stel. Die formulering van landboubeleid word nie as staties beskou nie, maar eerder as 'n oop proses, in soverre beleidsposisies en openbare verklarings altyd oop is vir konstruktiewe debat om weerspreking te verminder en beleidsooreenstemming te onderhou.

Van besondere belangrikheid is dat mnr Mantashe herhaal het dat die Nasionale Ontwikkelingsprogram steeds die strategiese raamwerk is waarteen toekomstige landboustrategie en landbou-ontwikkeling nagestreef sal word. Mnr Mantashe het die kommersiële boere op 'n gebalanseerde en onpartydige manier van 'n oorsig verskaf van die regerende party se huidige perspektiewe op grondhervorming and landbou, wat die erns waarmee die ANC betrokke is by sulke kwessies benadruk, waaronder:

  • Die erkenning dat grondhervorming 'n baie sensitiewe saak is en op grond van die aard daarvan nog vir 'n wyle omstrede sal wees.

  • Die verbintenis om landbousake ernstig en verantwoordelik te hanteer en agri-produksie uit te brei om Suid-Afrika se voedselsekuriteit te verseker.

  • Die politiese verbintenis tot die transformasie van landbou deur grondhervorming en herstelprogramme en die ontwikkeling van 'n sterk landelike ekonomie met gepaardgaande landelike werksgeleenthede, insluitend die vestiging en ondersteuning van nuwe jong swart kommersiële boere.

  • ​Die belangrikheid van die vestiging van landbou as 'n afsonderlike ekonomiese sektor wat 'n beduidende bydrae kan maak tot die aanspreek van Suid-Afrika se ontwikkelingsuitdagings.

Die vooraanstaande kommersiële boere het hulle eie kommernisse uitgespreek oor landbou-ontwikkeling en grondhervorming, waaronder veral:

  • 'n Persepsie van voortdurend bewegende beleidsdoelwitte.

  • 'n Bespeurde beleidsinkongruensie tussen al die departemente wat in landbou en landelike ontwikkelingsinisiatiewe betrokke is en die afwesigheid van 'n 'duidelike stel ooreengekome reëls' vir landboubemagtigingsprojekte oor al die departemente heen.

  • Die feit dat die regering eienaarskap hou oor die grond wat tydens hervormings- en herstelprogramme oorgemaak word, verhinder die verkryging van bedryfskapitaal en het gevolglik 'n negatiewe effek op die lewensvatbaarheid van agri-bemagtigingsprojekte.

  • Die bespeurde nie-vertaling van die beduidende fondse wat deur die regering vir grondhervorming en landbou-ondersteuningsprogramme toegesê word na bemagtigingsprojekte en ondersteuning aan opkomende boere op grondvlak.

Terwyl mnr Mantashe sommige van die beleidsinkongruensies en die begrensde kapasiteit van regeringsdepartemente erken het, het hy ook benadruk dat die tyd nou reg is om verby die ontwikkeling van beleid te beweeg na die uitvoer van praktiese landboubemagtigingsprojekte deur 'n vennootskap tussen die regering, nuwe en opkomende boere en bestaande kommersiële boere op alle vlakke. Die regerende party is dus op soek na 'n vennootskapsooreenkoms met die kommersiële landbou deur die ontwikkeling van konkrete projekte en praktiese bemagtigingsmodelle, waarvan die onlangse inisiatiewe in die Witzenburg-distrik en die Mopani-distrik getuig, waar boere self die inisiatief geneem het om bemagtigingsprogramme in hulle onderskeie distrikte te dryf.

Die openhartige en by tye blatant reguit woordewisselings tydens die 'grond-imbizo' het met nadruk goedgesindheid tussen die regerende party en die vooraanstaande kommersiële boere gevestig, met laasgenoemde wat op hulle beurt hulle bereidwilligheid sterk uitgespreek het om in vennootskap met die regering te tree en hulle self verbind het om by te dra tot die bemagtiging van klein en opkomende boere om sodoende volhoubare kommersiële boere te word.  Daar is 'n verfrissende verbintenis tot die ontwikkeling van 'n gedeelde perspektief oor grondhervorming en landbou-ontwikkeling wat deur die betrokkenheid van alle belanghebbers geskep moet word, met die kommersiële boer wat as 'n strategiese vennoot in sulke bemagtigingsinisiatiewe beskou word.

Mnr Mantashe se erkenning dat daar nie 'n 'een grootte pasgemaakte beleidsmodel' kan wees nie, is ook baie welkom. Dit demonstreer 'n volwasse-wordende Suid-Afrikaanse landboubeleid waarbinne verskillende modelle Suid-Afrika se verskillende bioklimaatstreke in ag neem, sowel as die verskillende vlakke van boerderyintensiteit wat vir die 37 kommoditeitsektore benodig word. Hy het die vooraanstaande kommersiële boere ingelig dat die regerende party gretig wag op hulle agri-bemagtigings- en ontwikkelingsmodelle/voorstelle vir die 37 kommoditeitsektore.

Verder verskaf mnr Mantashe se verbintenis tot konstitusionele beginsels en die beginsel van billike en regverdige waarde in die oordrag van grond versekering aan beide kommersiële boere en beleggers in die landbou. Daar is opgemerk dat daar, as die produkte van die opvoedings- en ontwikkelingsprogramme op hierdie kommersiële plase, 'n kern van jong swart boere is met die nodige vaardighede om plase te bedryf sou sulke plase aan hulle oorgedra word.

Die leier kommersiële boere het almal die oproep vanuit die Kabinet-Lekgotla vir 'n Operasie Phakisa ingryping vir landbou (hoewel met 'n ander naam) herhaal, sowel as die vestiging van 'n 'oorlogkamer' vir 'n heel-regeringsbenadering tot grondhervorming en landbou-ontwikkeling.

Gestruktureerde betrokkenheid, soos tydens hierdie 'grond-imbizo' waar landbouleiers met regeringsleiers in hulle persoonlike hoedanighede bymekaarkom, het reeds hulle waarde vertoon in die skepping van strategiese dialoog oor belangrike grondhervoming- en landbousake. Daar is 'n duidelike behoefte aan die skepping van 'n progressiewe koppelvlak tussen die regering, individuele landbouleiers en georganiseerde kommersiële landbou oor toekomstige landboudenke, beleidsformulering en strategie-ontwikkeling, die deel van idees oor landbou-ontwikkelingsinisiatiewe en die toets van die doeltreffendheid van grondhervorming en landboubeleid.

Hoewel die 'grond-imbizo' 'n privaatinisiatief bly, het mnr Mantashe en die kommersiële boere wat dit bygewoon het tot die slotsom gekom dat daar op 'n gereelde grondslag met hierdie gestruktureerde dialoog voortgegaan moet word. Op mnr Mantashe se spesifieke versoek, is mnr Roelf Meyer en prof Mohammad Karaan gevra om gesamentlik te verseker dat verdere dialoog gefasiliteer word en dat, met behulp van die hulpbronne van die 'In Transformation Initiative' en die Standard Bank Sentrum vir Agribesigheidsontwikkeling en -leierskap aan die Universiteit van Stellenbosch, 'n sentrale punt geskep word vanwaar verdere stappe gekoördineer kan word en hulpbronne aangewend kan word.

Mnr Mantashe het homself bewys as 'n man met wie kommersiële boere openlik en openhartig kan praat, beide in terme van sy eie 'boerehart' en in terme van die beleidsformuleringsrol wat hy binne die ANC speel.


   IMBIZO 2012

Dié program fokus op leierskapsontwikkeling in die landbousektor deur die aanbieding van Agri-Leierskap Imbizo's. Vooraanstaande agri-leiers en meningsvormers word genooi om "warm" besprekingspunte rondom landboutransformasie in 'n sg. laboratorium milieu te bespreek om sodoende debat en bespreking buite die gewone raamwerke te stimuleer en ook om nuwe oplossings te soek. Slegs konsensusverklarings van hoogstens een bladsy word op die Sentrum se webwerf gepubliseer en met instansies soos die Nasionale Beplanningsraad, verskeie verteenwoordigende groepe in die landbou, regeringsagentskappe en ander relevante openbare liggame gekommunikeer. Insette is op die Nasionale Ontwikkelingsplan gemaak en is in die plan ingesluit.

 

Tot op hede is tien Imbizo's aangebied met onderwerpe soos:

  • Grondhervorming en landbou-ontwikkeling;
  • Werkskepping in die landbou;
  • Eenheid en samewerking in die SA landbou;
  • Waarheen met swart kommersiële boere?; en
  • Water en die landbou.
  • Vier "Jong Leierslaboratoria" is in samewerking met Standard Bank, GraanSA en Santam Agri aangebied, en
  • 'n Imbizo is in Junie 2012 deur die regerende party se sekretaris-generaal aangevra om landbou-aangeleenthede met vooraanstaande kommersiële boere in Suid-Afrika te bespreek.

Photo 3.jpg