Komitee vir die Institusionele Reaksie op die (Khampepe-) Kommissie se Aanbevelings (CIRCoRe)
CIRCORE-KONFERENSIE
Kontroversie oor die gebruik van ras en ander menslike kategoriserings in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor
Die Universiteit Stellenbosch (US) bied in Junie 'n konferensie aan getiteld “Kontroversie oor die gebruik van ras en ander menslike kategoriserings in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor". Hierdie konferensie word van 12-13 Junie 2024 by die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing (STIAS) gehou en word deur die CIRCoRe-werkstroom: Ras, Menslike Kategorisering en Wetenskap (RMKW) gereël.
Die konferensie het ten doel om die saak vir die gebruik van menslike groepbeskrywers in die wetenskappe te ondersoek met die fokus op die gebruik van ras en die gepaardgaande probleme. Dit sluit probleme soos die twyfelagtige gebruik van ras in verskillende vakkundige omgewings in die sosiale en natuurwetenskappe van antropologie tot forensiese wetenskap in. Die konferensie wil verder ook die rol van verouderde sienings oor mense en hulle groeperings in die voortbestaan van wetenskaplike rassisme in Suid-Afrika ondersoek.
Sien asseblief
hierdie artikel vir meer konteks en inligting.
BESONDERHEDE
Datum: 12-13 Junie 2024
Tyd: 09:00-17:00
Plek: STIAS-konferensiesentrum, Stellenbosch
(https://stias.ac.za/contact/)
Navrae: rhcs@sun.ac.za
TEMA EN UITEENSETTING VAN DIE ONDERWERP
INDIENING VAN OPSOMMINGS
PROGRAM EN SPREKERS
Program
Klik asseblief
hier vir die finale program (aflaaibare PDF) en die lys van sprekers.
Hoofsprekers
Prof Crain Soudien, emeritus-professor in opvoedkunde en Afrika-studies aan die Universiteit van Kaapstad, lewer die hoofrede op Woensdag 12 Junie 2024.
Prof Jonathan Jansen, buitengewone professor in die Fakulteit Opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, lewer die hoofrede op Donderdag 13 Junie 2024.
REGISTRASIE EN KOSTE
- Registrasies sluit op Woensdag 5 Junie 2024.
- Voltydse akademiese personeel by 'n Suid-Afrikaanse universiteit: R1 500
- Postdoktorale genote, studente, deeltydse akademiese personeel en navorsingsgenote: R1 000
- Nie-akademiese personeel: R1 000
- Algemene publiek: R1 000
Klik asseblief
hier om vir die konferensie te registreer. ’n Beperkte aantal sitplekke is beskikbaar. Betalingsbesonderhede sal aan suksesvolle aansoekers gestuur word.
VERBLYF TYDENS DIE KONFERENSIE
Kontak asseblief die Stellenbosch-toerismekantoor vir hulp met opsies en besprekings vir verblyf tydens die konferensie.
E-pos: info@visitstellenbosch.org
Telefoon: +27 (0)21 886 4310
Webblad: https://www.visitstellenbosch.org/stay/