Donors
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Raak Betrokke

​​​​Jy kan op verskeie maniere finansieel betrokke raak by die Universiteit Stellenbosch: via 'n persoonlike skenking, 'n korporatiewe skenking, beurse, 'n internasionale skenking of selfs 'n testamentêre skenking. ​​

Persoonlike Skenkings
Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. 'n Skenking kan ook 'in goedere' wees. Die belastingaftrekbare bedrag is tot en met 10% van belasbare inkomste. Ons gerieflike aanlynskenkingsplatform maak skenking veilig en vinnig. Jou skenking word deur GivenGain hanteer – 'n veilige betaalportaal om aanlynskenkings te verwerk.  Kliek hier om te skenk deur middel van ons aanlynvorm. As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen. 
  • Vir meer inligting, skakel gerus +27 21 808 2941.
Beurse
Om die heel beste studentetalent te werf, het die Universiteit Stellenbosch meer geld nodig as die finansiering wat die regering beskikbaar stel. Die klasgeld, huisvesting en lewenskoste van die gemiddelde voorgraadse student beloop R115 000 per jaar (vir gemiddeld drie jaar). Die gemiddelde nagraadse student vereis weer minstens R95 000 per jaar op magistervlak, en selfs meer vir PhD- of nadoktorale studie. 

  • ​Skakel met Candice Egan by +27 21 808 2711 of e-pos: eganc@sun.ac.za.

Internasionale skenkings

Donateurs in die Verenigde Koningkryk (VK):

                   NatWest Bank 
                   Rekeningnr:      39448843
                   Kode:                  60 00 01
                   Rekeningnaam: Stellenbosch University SA Foundation UK

  • Gift AID

Gift Aid bied inkomstebelastingverligting tot voordeel van liefdadigheid en gemeenskapsamateur sportklubs. As jy 'n Britse belastingbetaler is, verhoog Gift Aid die waarde van jou liefdadigheidskenkings met 25%, want die liefdadigheidsorganisasie kan die basiese belastingkoers op jou skenking terugeis - sonder ekstra koste vir jou.​


Donateurs in Europa:

Skenkings aan die Universiteit Stellenbosch kan nou van u land binne Europa gemaak word en laat u toe om plaaslike belastingvoordele te eis.

Die skenking word deur die Transnational Giving Europe (TGE) partner network aan die Universiteit Stellenbosch SA Stigting VK gemaak.

Enige skenking wat gemaak word vir die Universiteit Stellenbosc​h met 'n bank oorplasing na 'n Europa-TGE-vennoot moet die volgende gestruktureerde kommunikasie insluit:

                         <<TGE – Stellenbosch University SA Foundation UK – UK>>


Land en vennoot-inligting vir skenkings:

Klik op die land se naam vir volledige inligting oor waar en hoe om u skenking aan die Universiteit Stellenbosch vanuit u land te maak. Stuur asseblief 'n afskrif van die depositostrokie aan lcg29@sun.ac.za en aneldev@sun.ac.za.​

  • Duitsland
  • Spanje​
  • Hongarye​
  • Roemenië​
  • België​
  • Luxemburg​
  • Nederland (Die US Stigting is as 'n ANBI in Holland geregistreer. Inwoners van Nederland kan dus direk aan die Universiteit Stellenbosch skenk deur die Universiteit Stellenbosch SA Stigting UK bankrekening - bankbesonderhede hieronder)
  • ​​​Noorweë / Swede
    Inwonders van Noorweë en Swede kan direk aan die Universiteit Stellenbosch skenk deur gebruik te maak van die Universiteit Stellenbosch SA Stigting VK bankrekening.
                   Bank:                             NatWest       
                   Bank Adres:                 Natwest Bank Plc, City of London Office, 1 Princes Street, London EC3P 3AR
                   Account Number:       39448843
                   Sort Code:                    60 00 01
                   IBAN:                             GB80NWBK60000139448843
                   BIC:                                NWBKGB2L
                   Rekeningnaam:           Stellenbosch University SA Foundation UK

Donateurs in die Verenigde State van Amerika (VSA): 


Skenkingsvorm
 skenking_button.jpg
 

 
 
Myschool.jpgMySchool
Jy kan die Universiteit Stellenbosch (US) ondersteun sonder dat dit 'n sent kos. Gebruik jou MySchool-kaart wanneer jy inkopies doen by enige van verskeie deelnemende kleinhandelaars landwyd en 'n persentasie van jou aankope sal aan die US geskenk word.

Hoe werk dit?

  • ​Kry 'n gratis kaart aanlyn of skakel 0860 100 445. Jy kan ook by enige Woolworths-winkel 'n kaart kry. 
  • Nomineer die Universiteit Stellenbosch as jou begunstigde. 
  • Gebruik jou kaart wanneer jy aankope doen by onder meer Woolworths, Engen Quickshops, Toys R Us, Waltons, Reggie's, kalahari.com en Power24. 
  • ​​Die vennoot sal 'n persentasie van jou transaksie aan jou begunstigde skenk.

SnapScan
Skandeer die QR-kode hieronder met jou foon om 'n bydrae aan 'n mede-Matie te maak. 18A belasting sertifikate sal op aanvraag uitgereik word. 

 StellenboschAlumni_DigQR.png
 
EFT 
As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen.  Vul in die naam van die inisiatief wat jy wil ondersteun in die verwysingsveld van jou bank:

Onbeperkte skenkings
Bank naam:                 Standard Bank
Tak naam:                    Stellenbosch
Takkode:                      05 06 10
Rekeningnaam:          Stellenbosch Trust
Rekeningnommer:     073002437
 
Beperkte Skenkings
Bank naam:                 Standard Bank
Tak naam:                    Stellenbosch
Takkode:                      05 06 10
Rekeningnaam:         Universiteit van Stellenbosch
Rekeningnommer:    073006955
  • ​Stuur asb bewys van betaling aan Lorenza George by +27 21 808 3090 of  e-pos lcg29@sun.ac.za.

Korporatiewe Skenkings
Korporatiewe skenkings kan deur middel van jou maatskappy se beleid oor korporatiewe maatskaplike belegging, 'n borgskap of 'n filantropiese skenking geskied. (LW: Filantropiese skenkings hou belastingvoordele in.) Ons ontwikkelingspersoneel sal jou oor die belastingimplikasies van elk van hierdie strategieë adviseer. 
  • ​Skakel gerus +27 21 808 9262.  ​

Testamentêre skenkings
Jy kan die Universiteit as 'n begunstigde in jou testament benoem deur kontant, aandele of enige ander vorm van eiendom aan die US te bemaak. Die volle randwaarde van weldadigheidskenkings in jou testament is belastingaftrekbaar, en kan boedelbelasting aansienlik verlaag. Bemaking is maklik – stel bloot 'n nuwe testament op of voeg 'n kodisil toe aan 'n bestaande testament. 
  • E-brosjure en voorbeelde van erflatings aan Universiteit Stellenbosch.​​
  • Vir meer inligting, skakel asseblief met Hugo Steyn by +27 21 808 3615 of hugos@sun.ac.za.​​

​​​​​