Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Welkom by UCM


Die Eenheid vir Konstruksiemateriale (UCM) streef daarna om 'n sentrum van uitnemendheid te word. Die UCM beoog om onderrig, navorsing en raadgewing te bied wat van so 'n gehalte sal wees, dat dit as een van die top konstruksiemateriaal institute in Suid-Afrika, gereken sal word. Die UCM word saamgestel uit personeel, nagraadse studente en 'n breë netwerk van beide plaaslike en internasionale kollaborateurs. Die UCM fokus hoofsaaklik op die opleiding en onderrig van studente. Dienslewering aan die bedryf, deur middel van raadgewing, asook die meedeling van kennis, deur middel van seminare, is egter van kardinale belang om die bestaansrede van die eenheid te verseker. Die UCM val onder die Departement Siviele Ingenieurswese.

Gaan vind gerus meer uit oor die UCM Span​, die Huidige Navorsing​ wat gedek word, onlangse Publikasies wat deur lede van die UCM geskryf is, watter geleenthede daar is om te Studeer by UCM, die Fasiliteite​ tot ons beskikking en veel meer.​