Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fasiliteite

​​​



Die Eenheid vir Konstruksiemateriale (UCM) is in die Strukture Afdeling van die Siviele Ingenieurswese Departement van Universiteit Stellenbosch geleë en het ongeveer 1500 m² laboratorium vloerspasie tot sy beskikking. Dit sluit ʼn massiewe strukturele laboratorium, wat deur ʼn 10 ton oorhoofse hyskraan bedien word, in. In die laboratorium is daar ‘n kelder, benede ‘n versterkte grondvloer, wat die samestelling van rigiede toetsopstellings vergemaklik. Die masjinerie en apparate kan stewig, bo-op die vloer vasgetrek word, deur van verskeie skroefdraadstange en gate, eweredig oor die vloer versprei, gebruik te maak. Die stelsel verseker dat eksperimente op byna enige medium- tot grootskaalse proefstukke en strukturele elemente, uitgevoer kan word.

Aangrensend tot die struktuur laboratorium, is 'n beton laboratorium. Dié laboratorium bestaan uit 'n groot algemene area asook areas waar betonmengsels en -proefstukke voorberei word. Daar is verskeie silo's en houers waarin die materiaal, wat gebruik word vir die maak van beton, gestoor word. Dié laboratorium bevat 'n variasie betonmengers vir die voorbereiding van verkeie soorte beton. Die groot algemene area het vele funksies en bevat ook 'n 5 ton oorhoofse hyskraan. Mees noemenswaardig, is die kuur van betonmonsters in die kuurbaddens wat in die middel van dié area geleë is. Klimaat beheerde kamers is in beide die struktuur- en beton laboratoriums waarin die temperatuur en relatiewe humiditeit beheer word. Die kamers word ingespan vir kort- en lang termyn toetse wat konstante klimaat kondisies vereis, in terme van temperatuur en humiditeit. 

labEquipment2.png

Buiten die aansienlike laboratorium spasie, het die UCM ook verskeie toerusting en masjinerie tot ons beskikking. Dit sluit in twee universele toetsmasjiene, een met ʼn 250 kN en die ander met ʼn 2000 kN kapasitiet, asook verskeie hidroliese beheerde aandrywers. Die hidroliese beheerde aandrywers se kapasiteite wissel tussen 50 kN en 500 kN. Die 250 kN universele toetsmasjien is in ʼn klimaat beheerde kamer geleë, terwyl die 2000 kN masjien in die struktuur laboratorium geleë is. Die hidroliese beheerde aandrywers kan maklik verskuif word, wat hul gebruik in enige toetsopstelling vergemaklik. Ander noemenswaardige toerusting sluit onder andere die volgende in:

  • ʼn 2000 kN drukmasjien ideaal vir die toets van kolomme
  • ʼn 2000 kN beton kubus drukmasjien
  • ʼn Skudtafel om aardbewings te simuleer
  • meervoudige trek, druk en buig-kruip toetsopstellings
  • ʼn klimaatboks waarin ekstreme klimaat kondisies met hoë windsnelhede, variërende temperature en ʼn lae relatiewe humiditeit geskep kan word
  • verskeie verplasings- en lasmeetinstrumente insluitend ʼn nie-kontak 3D deformasie moniteringsisteem
  • al die toerusting nodig om die eienskappe van materiale wat gebruik word om beton te vervaardig asook die vars en verharde eienskappe van beton te bepaal​

Die UCM beskik oor die vermoë om ʼn wye reeks standaard en nie-standaard laboratorium eksperimente uit te voer. Dit sluit die bepaling van materiaal- en meganiese eienskappe van byna alle konstruksie materiale asook die gesofistikeerde toetsing van verskeie strukturele elemente, in. Die UCM laboratorium kan dus as een van die voorste navorsingsgebaseerde laboratoriums geklassifiseer word. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal.

​Vir meer inligting oor moontlike konsultasie- of toetsingsdienste, kontak gerus vir Dr Riaan Combrinck.

​​