Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Omgewings-Vriendelike Boumateriale

Die huidige impak van die konstruksie bedryf op die omgewing is kommerwekkend. As gevolg daarvan het daar 'n groot aanvraag na omgewingsvriendelike boumateriale ontstaan. Nuwe boumateriale, of slegs 'n verbetering van konvensionele boumateriale, is noodsaaklik vir 'n meer volhoubare ontwikkelde omgewing. Die doel van navorsing in hierdie veld, is nie net om nuwe boumateriale te ontwikkel nie, maar ook om die omgewingsimpak van die materiale wat tans gebruik word, te verminder. Ekstensiewe navorsing word gedoen op alternatiewe messelwerk eenhede met 'n fokus op materiaal ontwikkeling, strukturele toetse, bepaling van geskikte spesifikasies en volhoubare implementering op groot skaal. Die gebruik van natuurlike vesels in 'n sement-gebaseerde matriks, sement-gebaseerde binders wat meer omgewingsvriendelik is en alkali geaktiveerde materiale word ook ondersoek as moontlike plaasvervangers vir konvensionele beton.

​   

Bepaling van Minimum Meganiese Spesifikasies vir Alternatiewe Messelwerk Eenhede

Student: JP Jooste (M.Eng)

Studieleier: Dr Wibke De Villiers


Makro-Modellering met Behulp van Homogeniseringstegnieke vor Globale Strukturele Analise van Alternatiewe Messelwerk

Student: Lemuel Thompson (M.Eng)

Studieleier: Dr Wibke De Villiers


Resolusie van Verskille tussen NBR en SA Las Kode met Vereenvoudigde Mikro-Modellering

Student: Nadia Rabie (M.Eng)

Studieleier: Dr Wibke De Villiers​