Unit for Construction Materials
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studeer by UCM

​​​​​​​​​danielleMalherbeInstron.jpg










Nagraadse Studies

Nagraadse studies wat by UCM aangebied word is in die vorm van 'n Meesters in Ingenieurswese (navorsing), wat lei tot 'n M.Eng (Navorsing) graad, of 'n Doktor in die Wysbegeerte (Ingenieurswese), wat lei tot 'n PhD-graad. Die Magistergraad word slegs op 'n voltydse basis aangebied. Hier kan meer inligting oor die UCM Meesters Navorsingsonderwerpe wat vir 2021 beskikbaar is, bekom word. Die studiebeurse wat met die onderwerpe gepaard gaan word ook aangedui. Indien u vir 'n spesifieke onderwerp wil aansoek doen, epos Prof Billy Boshoff. Daar moet wel daarop gelet word dat die aansoek slegs aansoek om 'n navorsings onderwerp is, en nie vir die toelating tot nagraadse studies by Universiteit Stellenbosch, nie. Vir meer inligting oor die aansoek- en toelatingsprosesse, klasgelde, ens., word u na ons Departement Siviele Ingenieurswese Voornemende Nagraadse Studies webwerf verwys.​


Vakansie Opleiding

Die  Eenheid vir Konstruksiemateriale (UCM) het gewoonlik plek vir ses tot agt studente vir ʼn vier week vakansie opleiding internskap gedurende die winter vakansie van 2018 (Junie/Julie). Slegs applikante wat bereid is om vier weke van vakansie opleiding te ondergaan sal aanvaar word. Gedurende die opleiding sal studente meestal werk in die beton en strukture laboratoriums, alhoewel aspekte soos ontwerp en navorsing ook gedek kan word. Die internskap is ook ʼn geleentheid vir studente om die Vakansie Opleidings module 244 of 342 te voltooi as deel van die voorgraadse Siviele Ingenieurswese graad. Die aansoek is oop vir alle huidige 2de, 3de en 4de jaar Siviele Ingenieurs studente by Stellenbosch Universiteit. Suksesvolle applikante sal die volgende weeklikse betaling ontvang: 2de jaar (R 900 p/w), 3de jaar (R 1000 p/w) en 4de jaar (R 1100 p/w). Gegewe die huidige onsekerheid oor toegang tot die laboratoriums, is aansoeke vir 2020 egter tydelik opgeskort. Verdere inligting rakende die UCM en die tipe werk wat ons doen kan op die webwerf gevind word.


Voorgraadse Studies

In verband met voorgraadse modules moet studente wat Siviele Ingenieurswese studeer by Stellenbosch Universiteit ʼn tweede jaar module genaamd Boumateriale voltooi. Die module beskou materiale soos beton, staal, hout, messelwerk en polimeer komposiete. Die module dien as ʼn fondasie vir verdere nagraadse studies by die UCM, alhoewel daar ook ʼn gevorderde module op nagraadse vlak aangebied word wat fokus op gesementgebaseerde materiale. ʼn Voorbeeld van ʼn praktiese oefening oor selfkompakteerende beton wat deel vorm van die Boumateriale module kan in die video hieronder gesien word.