Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UCM 2017 Vakansie Opleiding
Outeur: Wibke De Villiers
Gepubliseer: 20/06/2017

'n Integrale deel van die B.Ing. Siviele graad aan Universiteit Stellenbosch, is die vakansie opleiding wat die voorgraadse studente moet onderneem deur die loop van hul studies. Vir hierdie doel, het  die UCM vroeër hierdie jaar vir aansoeke gevra onder die Siviele voorgraadse studente vir vakansie opeliding gedeurend die 2017 winter vakansie, wat in die Strukture Laboratorium van Universiteit Stellenbosch sou plaasvind. Na 'n oorweldigende aantal aansoeke, is die volgende 8 studente gekies (van links na regs): Melissa Leonards (3de jaar), Ashton Moran (3de), Thilen Govender (4de), Gina Loedolff (2de), Luqmaan Parker (4de), Jessica Winter (3de), Simone Booysen (2de) en Lawrence Sterne (4de).

Na afloop van 'n veiligheidsinduksie, spandeer die studente drie tot vier weke in die laboratorium, onder die toesig van die UCM personeel en nagraadse studente, waartydens hulle hul vaardighede in ontwerp, konstruksie en eksperimentering kan uitbrei. Die take sluit in:

  • die uitvoer van trek toetse en kraak toetse op plastiese beton
  • die ontwikkeling van vorms vir tekstiel-bewapende beton
  • die maak van alternatiewe messelwerk eenhede for termiese toetse
  • die maak van demonstrasie videos van die mees algemene eksperimente wat in die laboratorium uitgevoer word, vir voorgraadse praktikas en onderrig
  • die uitvoer van lewenssiklus analieses van alternatiewe messelwerk eenhede om hul omgewingsimpak te bepaal

Die studente word nie net blootgestel aan die praktiese aspekte van die werk in 'n aktiewe laboratorium nie, maar die werk wat hulle verrig, het maak ook betekenisvolle bydrae tot die laboratorium en huidige UCM navorsingsprojekte. Hopelik is die studente ook geïnspireer om nagraadse studies te oorweeg in hul toekoms!