Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Prof Ilse Feinauer lei SAAWK
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 02/10/2023

​Prof Ilse Feinauer, die bekleër van die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk, is to die Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se Akademieraad verkies.

Die SAAWK bestaan reeds sedert 1909 en is daarop gerig om akademiese werk in Afrikaans – in vakgebiede so disparaat soos rekenaarwetenskap en sendingwetenskap – te bevorder en te erken asook die algemene gebruik van Afrikaans te bevorder. Die SAAWK se Taalkommissie is vir die publikasie van die Afrikaanse woordelys en spelreëls (AWS) verantwoordelik.

Prof Feinauer sal hierdie organisasie met sy sowat 950 lede vir die komende drie jaar lei. Sy dien ook tans op die Uitvoerende Raad van die European Society for Translation Studies (EST).