Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kortkursusse

Die Departement Afrikaans en Nederlands bied verskeie kredietdraende nagraadse kortkursusse binne die terrein van taalpraktyk en taalverwerwing aan. Hierdie kursusse strek elk oor een akademiese semester, en word aangebied as afstandsonderrig, maar wel met twee verpligte kontaksessies per semester op die US-kampus. Die kursusse is dus veral geskik vir diegene wat verdere vaardighede wil verwerf, maar nie voltyds nagraads kan studeer nie. Assessering vind plaas en suksesvolle kandidate ontvang 'n bevoegdheidsertifikaat van die US. ​

Die volgende kortkursusse word aangebied:

Taalpraktykkortkursusse:

    • Vertaalmetodiek
    • Vertaalpraktyk
    • Literêre vertaling
    • Tolkmetodiek
    • Tolkpraktyk
    • Redigeermetodiek
    • Redigeerpraktyk
    • Taalverwerwingsmetodologie

Kontakbesonderhede:

Kursuskoördineerder: Dr Amanda Marais: alourens@sun.ac.za, tel: 021 808 2160

Administrasie: Maret de Wet Blom, shortcourse2@sun.ac.za of maretblom@sun.ac.za