Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Werksessies

Naas die kredietdraende kortkursusse, bied die Departement Afrikaans en Nederlands ook elke jaar verskeie kort niekredietdraende werksessies aan. Die aanbod wissel van jaar tot jaar en sluit verskillende onderwerpe binne die terrein van die taalpraktyk en leksikografie in, byvoorbeeld terminologie, rekenaargesteunde vertaling, die gebruik van gewone taal en akademiese redigering. Deelnemers ontvang 'n bywoningsertifikaat.