Afrikaans & Dutch
Welkom by Universiteit Stellenbosch

DJ Oppermangedenklesing

Oor DJ Opperman

(Skildery deur Philip Terblanche)


DJ Opperman.jpgDiederik Johannes Opperman (1914 - 1985) was vanaf 1960 tot met sy aftrede in 1979 verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch. As dosent en studieleier het hy verskillende generasies studente ingelei in die geheime van die Afrikaanse en wêreldletterkunde; as dosent het hy ook ’n ‘Letterkundige Laboratorium’ begin waarin hy jong skrywers en kritici begelei het. As digter het hy nege grensverskuiwende digbundels en drie belangrike versdramas gepubliseer; as akademikus het hy een van die belangrikste studies oor die Dertigers en ’n hele aantal invloedryke opstelle gepubliseer; as literêre rolspeler het hy verskillende bloemlesings gepubliseer (waaronder die verskillende uitgawes van Groot Verseboek ’n belangrike kanoniseringsinstrument in die Afrikaanse poësie geword het) en as keurder het hy vir uitgewerye ’n groot rol gespeel in die vorming van talle digters.

Ná Opperman se dood in 1985 het prof Lina Spies, in daardie stadium verbonde aan die Universiteit van Pretoria, ondersoek gedoen na die moontlikheid om ’n DJ Oppermangedenklesing in te stel om sy bydrae as digter, akademikus en literêre rolspeler te eer. Op inisiatief van die destydse professore aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Johan Smuts, Merwe Scholtz, Johan Combrinck en Fritz Ponelis, en met die goedkeuring van mev Marié Opperman is die tweejaarlikse gedenklesing in 1986 ingestel. Die eerste DJ Oppermangedenklesing is op 8 Mei 1987 deur prof Lina Spies gelewer. Sedert 1987 is die volgende gedenklesings gelewer om Opperman se bydrae te vereer (kilk op die ikoon vir die volledige teks):


​2023Prof L Viljoen
Louise Viljoen_Opperman-gedenklesing.jpg
DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die ‘nuwe’

Ikoon Gesprek Oranje.png Ikoon video.png
​2017 Prof W Burger
Willie Burger-crop2.jpg
Opperman en die Afrikaanse literatuurkritiek

Ikoon Gesprek Oranje.png
​2014 Opperman-crop.jpg ​Celebration of Opperman’s hundredth birthday on 29 September 2014
2013
Prof HEJ van Vuuren
Helize van Vuuren-crop2.jpg

DJ Opperman se laatwerk

Ikoon Gesprek Oranje.png
2011
Prof L Spies
Lina Spies-crop.jpg

God, die magtige magneet: Die religieuse motief in die poësie van DJ Opperman

Ikoon Gesprek Oranje.png

2009
Prof AE Krog
Antjie Krog-crop.jpg
Die verkleurmannetjie(s) op Sjaka: ’n Vergelyking van die manifestasie van Shaka in die gedig van Opperman en die Sesotho-roman van Thomas Mofolo

Ikoon Gesprek Oranje.png

2007
Prof HC Aucamp
Hennie Aucamp-crop.jpg

Die allure van die onvolledige met spesifieke verwysing na Sonklong oor Afrika van DJ Opperman

Ikoon Gesprek Oranje.png

2005
Prof GJ Gerwel
Jakes-Gerwel-crop.jpg
Vertrekpunt vir die vorming van ’n nuwe Akademie vir Afrikaans
2003
Karel Schoeman
Karel_Schoeman-crop.jpg
Onderhoud gevoer deur prof Jakes Gerwel en prof Louise Viljoen
2001
Prof AP Brink
Andre Brink-crop.jpg
Groot verseboek: Kanon of haelgeweer?

Ikoon Gesprek Oranje.png

1999
Prof HP van Coller
Hennie van Coller-crop.jpg
Die bloemleser as kanoniseerder

Ikoon Gesprek Oranje.png

1997
Prof H Snyman
Henning Snyman-crop.jpg
Opperman en die mitologie

Ikoon Gesprek Oranje.png

1995
Prof E Botha
Elize Botha-crop.jpg
“Kuns is boos!”: Die digter as Erlkönig

Ikoon Gesprek Oranje.png

1993
Prof JJ Degenaar
Johan Degenaar-crop.jpg
Die vindingrykheid van metaforiese taalgebruik

Ikoon Gesprek Oranje.png

1991
Prof JC Kannemeyer
John Kannemeyer-crop.jpg
“Die rotsmusiek van eie hiëroglief”: ’n Visie anderkant die teks

Ikoon Gesprek Oranje.png

1989
Prof AP Grové

Teoretisering oor die poësie en Opperman se digterskap

Ikoon Gesprek Oranje.png
​1987 Prof L Spies
Lina Spies-crop.jpg

Besieling en behoud: Die boodskap van DJ Opperman vir ons tyd