Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

O-L-A Hulpbronne

Onderrig en leer aan die US word deur die Strategie vir Onderrig en Leer​, wat 'n volgehoue verbintenis tot goeie onderrig (as 'n voorvereiste vir die verbetering van studenteleer) artikuleer, gerig.

​Met betrekking tot onderrig en leer, beskryf die strategie die volgende verantwoordelikhede:

  • die verantwoordelikheid om te leer en leergeleenthede te benut berus by die student;
  • studente-organisasies het 'n rol te vervul om studente te ondersteun en aan te moedig, sowel as om mentorskap en leiding te bied;
  • die verantwoordelikheid om optimale geleenthede vir leer te ontwerp en in werking te stel berus by die akademici wat onderrig bied; 
  • die verantwoordelikheid om voldoende fasiliteite vir onderrig en leer te voorsien en in stand te hou berus by die organisatoriese eenhede in beheer van die Universiteit se fisiese en virtuele infrastruktuur;
  • die verantwoordelikheid om professionele advies en praktiese hulp ter ondersteuning van onderrig te bied berus by sentrale steuneenhede en steunpersoneel in fakulteite;
  • die verantwoordelikheid om die onderrigfunksie strategies te rig berus by die Universiteitsbestuur.
     

By die Universiteit Stellenbosch is daar verskeie hulpbronne vir dosente beskikbaar met betrekking tot hulle onderrig en leer. Sien asseblief die Kitsgids vir O-L-A aan die US en die DeLTA-siklus-blaaie vir meer inligting.
 

Die hulpbronne in hierdie afdeling het ten doel om dosente toe te rus vir en te begelei deur die proses van die ontwerp van geleenthede vir optimale studenteleer.