Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
P2P web banners - Afrik.png

​​​​​Die kursus oor die Ewekniefasilitering van Leer is 'n opleidingsgeleentheid vir studente wat aktief medestudente help met hulle leer. Hierdie aanbod fokus daarop om eweknie-fasiliteerders toe te rus om medestudente aan te moedig en leer te fasiliteer deur praktiese fasiliteringsvaardighede te ontwikkel, terwyl hulle ook oplet na hulle eie psigososiale welstand.

Hierdie kursus word gratis aangebied en is ontwikkel vir:

  • Tutors & demis
  • Module-assistente
  • Leerassistente
  • Onderrigassistente
  • Assesseringassistente

​​Aanbod:

  • ​Selfgeleide opleiding met 'n aanbevole 1.5 nasionale ure per week

Modus:

  • ​Asynchrone aanlynleer

Die opleiding is daarop gemik om:

  • Deelnemers se grensstellingsvaardighede te ontwikkel sodat hulle veerkragtig en aanpasbaar kan wees tydens eweknie-fasiliteringssessies. 
  • Leerfasilitering en praktiese vaardighede te ontwikkel wat studente se selfdoeltreffendheid aanmoedig. 
  • 'n Betrokke leier te ontwikkel wat nuuskierig, belangstellend, en passievol is oor leer. 
  • Graduandi-eienskappe te ontwikkel, insluitend professionalisme, interpersoonlike en intrapersoonlike vaardighede, asook sosiale intelligensie.

Aansoekproses:

Jy mag aansoek doen vir hierdie geleentheid nadat jy as 'n ewekniefasiliteerder in jou departement of afdeling aangestel is.

  • ​Kontak die tutor-koördineerder in jou departement of fakulteit om aansoek te doen.
  • Alternatiewelik kan jy met Johara Khan in verbinding tree by joharak@sun.ac.za

Vir meer inligting oor e​weknieleerfasilitering, klik hier.



Navrae