
Auxin
Die oorsprong van die naam
“Auxin” is Grieks (auxano) en beteken om
“te groei”.
Die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het die Auxins begin in die uitvoering van hulle taak om US-akademici met hulle onderrigverantwoordelikhede by te staan. Om meer oor die Auxins te lees,
kliek hier.
Die doelwit van die Auxins is om vir US-akademici die volgende groeigeleenthede te skep:
- Toonvensters vir innoverende onderrig- en assesseringspraktyke op kampus
- Geleenthede vir akademici om hulle kennis oor onderwerpe in die arena van onderrig en leer aan die US, waarin hulle self belangstel, te ondersoek en te verdiep
- 'n Padkaart vir akademieskap vir onderrig en leer as deel van die algehele groeiproses vir dosente om reflektiewe dosente te word.
Vir hulpbronne van vorige Auxins,
kliek hier.