Centre for Learning Technologies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vir Fakulteite & Dosente

Die Sentrum bevorder, ontwikkel en ondersteun die effektiewe gebruik van leertegnologieplatvorms vir leer en onderrig aan die US belyn met die Strategie vir IKT in Leer en Onderrig. Ter ondersteuning van hierdie doelwit speel ons graag 'n adviserende rol in vennootskap met  fakulteite en dosente rakende die integrasie van leertegnologieë in 'n gemengde leer (Blended learning) benadering tot leer en onderrig.

Ons bied die volgende aan:

  • Gemengde leer: 'n Bondige oorsig oor die teorie en praktyk van gemengdeleer soos verstaan en toegepas by US.
  • Konsultasies: 'n Beskrywing van wat verwag kan word tydens gesprekke en beplanningsessies aangaande die integrasie van leertegnologieë in 'n gemengdeleer benadering.
  • Opleiding en ondersteuning: Watter praktiese opsies bestaan vir professionele ontwikkeling rondom die gebruik van leertegnologieë sowel as die verskillende tegnologie platvorms se ondersteuning wat ons bied aan fakulteite, dosente en studente.