Fakulteit-gebaseerde werk van adviseurs:
Die aard van die diens wat elke adviseur aan fakulteite bied, verskil van fakulteit tot fakulteit, en word vasgestel in konsultasie met die Visedekaan O&L (of die ekwivalent van hierdie persoon) in elke fakulteit. Een punt wat al die fakulteitgebaseerde werk wel in gemeen het, is die vestiging van O&L-spilpunte (hubs) in fakulteite. Die fakulteit se O&L-spilpunt is 'n belangrike meganisme om goeie onderrig te bevorder en 'n kritieke massa van akademici met 'n spesifieke fokus op die kwessie van O&L op te bou. Die spilpunte het 'n sentrale fokus op onderrig wat belangstelling, energie, rigtinggewing en leierskap genereer. Die O&L-spilpunt kan verskillende vorme aanneem, afhangende van die konteks van die spesifieke fakulteit. Die O&L-spilpunte inisieer, koördineer en bevorder gereelde aktiwiteite wat belangstelling en fakulteitsontwikkeling in akademiese onderrig aankweek.