2025 Auxins
13 Mei 2025
Benita Bobo
Onderwerp: Spelifiëring en sosiale media as katalisator vir studenteleer en ‑betrokkenheid
Hoe hou 'n mens 10 000 eerstejaarstudente geboei wat “gedwing" word om 'n verpligte module te volg? Hoe kan jy digitale nutsmiddels aanwend om die bereiking van leeruitkomstes vir modules, die kenmerke van gegradueerdes en kritieke kruisdissiplinêre uitkomstes aan te help? Een moontlike antwoord is om spelifiëring en sosiale media in te span om studente betrokke te hou terwyl hulle leer.
Spelifiëring behels dat elemente soortgelyk aan dié van spel by leeraktiwiteite geïnkorporeer word met die oogmerk om studentebetrokkenheid en ‑leer te versterk. Dit put uit die teorie van selfbeskikking, wat beklemtoon hoe belangrik onafhanklikheid, bevoegdheid en verbandhoudendheid is. Omdat spelifiëring duidelike doelwitte, onmiddellike terugvoer en geleenthede vir sosiale interaksie verskaf, kan dit studente sterker agentskap en betrokkenheid in groot, onpersoonlike klasse laat ervaar.
22 April 2025
Delecia Davids
Onderwerp: Leer om te laat gaan: Pedagogiese moed en onsekerheid met ontsnapkamer-onderrigmetodiek
Hierdie aanbieding bied ʼn nadenkende ondersoek van ʼn (virtuele) ontsnapkameringryping in ʼn onderwys-onderrigmodule. Die ontsnapkamer was daarop gemik om studentebetrokkenheid en kreatiwiteit te verbeter deur hulle uit te nooi om oop digitiale take te navigeer en betekenis binne speelse, dog professioneel-gegronde scenario’s te ko-konstrueer. Dit het egter vinnig ontwikkel tot ʼn kragtige pedagogiese provokasie wat die produktiewe spanning van onsekerheid, moed en medewerking in hoëronderwys-onderrig, -leer en -assessering uitgelig het. Hierdie ontwerp het die tradisionele pedagogiese gesag en assesseringsverwagtings gedestabiliseer, wat Barnett (2007) se oproep dat hoër onderwys studente vir die onbekende moet voorberei, herhaal het. Die ingryping het van studente vereis om dubbelsinnigheid te navigeer, kollektiewe besluite te neem en kreatief op onbekende uitdagings te reageer. Dit het ook assessering as leer aangekweek, deur besinning en transformasie bó korrekte antwoorde te prioritiseer, wat studente in staat stel om meer agentskap in hulle leer aan die dag te lê. Vir opvoeders bied dit ʼn provokasie om pedagogiese eksperimentering as ʼn vorm van ondersoek en moed te beskou en onsekerheid as vrugbare grond vir groei na te streef.
25 Maart 2025
Dr Hanelie Adendorff
Onderwerp: KI in Hoër Onderwys TLA: 'n Opvolgpaneelbespreking
By popular demand, the March Auxin session followed up Dr Hanelie Adendorff’s February Auxin. In this session, Dr Adendorff invited panellists to share how they are integrating Generative AI (GenAI) into their teaching, learning, and assessment practices. In this session Sharon Malan (EMS), Lennox Olivier (Arts and Social Sciences), Melody Neaves (Engineering), Hamman Schoonwinkel (EMS) and Jodie Lemphane (FMHS) took a deep dive into their experience with integrating GenAI, unpacking evaluative judgment, critical thinking, self-directed learning, computational thinking, and more. The conversation navigated discipline-specific challenges, ethical considerations, and other critical considerations regarding this evolving topic. As part of the session, Dr Adendorff also shared SU’s brand new “Cool Things” AI Case Study Guide, showcasing innovative approaches from Stellenbosch University academics. It can be found on the CTL’s website, or via bit.ly/coolthingsacademicsdo
25 Februarie 2025
Dr Hanelie Adendorff
Onderwerp: KI, Geletterdheid en die Universiteit: Waar staan ons nou?
Twee jaar in die KI-revolusie, hoe het generatiewe KI (GenKI), soos ChatGPT, onderrig, leer en assessering gevorm? Waar staan ons universiteit se KI-riglyne, en waarheen is dit op pad? Nog belangriker, watter rol behoort universiteite te speel in die bevordering van KI-geletterdheid—nie net vir studente nie, maar ook vir dosente? In hierdie sessie ondersoek Hanelie Adendorff (Sentrum vir Onderrig en Leer) die veranderende landskap van hoër onderwys in die konteks van GenKI, die belangrikheid van KI-geletterdheid, en hoe universiteite studente kan voorberei om op ‘n kritiese en etiese manier met KI om te gaan.
2024 Auxins
Oktober 01, 2024
Anthea Hansen
Onderwerp: Maatskaplik responsiewe kurrikulums in mediese onderwys: ʼn Studenteperspektief
Gesondheidsberoepslui moet dringend beter voorberei word om gesondheidsongelykhede aan te pak. Die literatuur voer aan dat die oorgang na responsiewe en kontekstueel tersaaklike kurrikulums ʼn belangrike strategie is om studente toe te rus om klinies bevoeg en krities bewus te wees van die kontekste waarbinne hulle gesondheidsorg lewer. Daar is egter min bekend oor hoe studente maatskaplike responsiwiteit verstaan en die implikasies daarvan vir hulle betrokkenheid by die herformulering van gesondheidsberoepe se kurrikulums om meer responsief te wees. Hierdie aanbieding sal fokus op ʼn kwalitatiewe studie wat die ervarings van voorgraadse finalejaar- mediese studente ten opsigte van maatskaplike responsiwiteit verken het.
Augustus 13, 2024
Hanelie Adendorff and Dalene Joubert
Onderwerp: KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie: GenKI-geletterdheid vir SU
Sluit by ons aan vir die volgende Auxin-sessie waar ons generatiewe kunsmatige intelligensie geletterdheid in onderrig-leer-assessering (OLA) aan die Universiteit Stellenbosch (US) verken. Die frase “KI is 'n hulpmiddel, nie 'n bron nie” het 'n bietjie van 'n mantra geword in ons kommunikasie rondom GenKI en OLA. Wat beteken dit presies, en wat is die praktiese implikasies van hierdie stelling?
Julie 23, 2024
Kathryn Smith
Onderwerp: Tussen Ateljee en Laboratorium: Die gebruik van kunsgebaseerde metodes vir kuns-wetenskap- en interdissiplinêre onderrig en leer aan die US en verder
Net meer as tien jaar gelede het ek die proses van nisspesialisasie in forensiese gesigsafbeelding begin, ná amper twintig jaar as ʼn praktiserende kunstenaar, kurator en opvoeder in ateljeekuns-praktyk binne die Suid-Afrikaanse hoëronderwyskonteks. Hierdie drie aspekte van my professionele identiteit het min beteken (of só het ek aanvanklik gedink) toe ek my as ʼn medestudent (hoewel ‘ouer’) en ervare opvoeder in ʼn wetenskaplaboratorium saam met meestal (baie) jong voorgraadse studente bevind het. Ná ʼn MSc en ʼn PhD, albei van Britse instellings, het ek na ateljeekuns-onderwys aan die US teruggekeer, met die dwingende begeerte om studente by radikale weetgierigheid betrokke te kry; gate te steek in die grens tussen kunsateljee en wetenskaplaboratorium; en ʼn breër begrip van die rol van ateljeekuns-onderwys in die akademiese projek te bevorder. Hierdie aanbieding sal, deur verwysing na spesifieke onderrig- en leerprojekte, my persoonlike reis weerspieël van wissel tussen leerkrag en student en weer terug en hoe die ervaring van ‘wetenskap doen’ uit die perspektief van ʼn kunstenaar vars pedagogiese geleentheid in albei wêrelde moontlik gemaak het. My omgang met studente in die visuele kunste en wetenskappe het vir my gewys hoe kennis binne hierdie paradigmas gekonstrueer word, saam met die vooroordele, blinde kolle en mites wat elkeen oor die ander handhaaf. Dit het ʼn lopende haalbaarheidstudie, genaamd ‘Die Aankweek van die Derde Kultuur’, geïnspireer, wat die vraag na kuns-wetenskap-interaksies aan die US verken.
Mei 21, 2024
Dr. Ruenda Loots, Dr. Jerome Joorst, Dr. Jennifer Feldman, Dr. Gerda Dullart, Dr. Anthea Jacobs, Dr. Jean Farmer, Mnr Simbongile Ntwasa
Onderwerp: Die Uitdagings van die Transformasie van Kurrikulums: Besinnings deur ʼn interdissiplinêre
Institusionele transformasie en insluiting raak geleidelik al hoe meer prominent in die strategieë van die histories wit instellings in Suid-Afrika. Ten spyte van hierdie pogings is daar slegs beperkte vordering met hierdie doelwitte, ook op die gebied van die transformasie van die kurrikulum. In die artikel waarop hierdie Auxin-sessie berus, besin die outeurs oor hulle gesprekke oor die transformasie van kurrikulums en onderrigpraktyke as ʼn interdissiplinêre praktykgemeenskap. Die gesprekke worstel met die gebrek aan kurrikulumtransformasie aan die Universiteit Stellenbosch, ten spyte van sy ambisieuse transformasieplan. Die outeurs voer aan dat moeilike interdissiplinêre gesprekke noodsaaklik vir die ontwrigting van onderrigpraktyke en deurslaggewend vir die dekolonisasieproses is. Hierdie gesprekke moet deurlopend en blywend wees, omdat agente van kurrikulumtransformasie in verskillende kontekste deur die deel van verhale ondersteun word. Die outeurs se konseptuele gesprekke verken verskeie teorieë van dekolonialiteit, deur die gebruik van ubuntu-pedagogie, asook die konsepte van herverdeling, erkenning en verteenwoordiging uit die maatskaplike-geregtigheidsteorie. Die medewerkende energie van ʼn interdissiplinêre praktykgemeenskap word ingespan, met die meegaande vertelkuns, lees- en skryfwerk, en besinning om die diversiteit van persoonlike en dissiplinêre perspektiewe bloot te lê. Enkele nadenkende vinjette is in die referaat ingesluit om hierdie proses te illustreer. Die tersaaklikheid van hierdie studie, verder as slegs binne die kontekste van die outeurs, spruit uit ʼn gaping tussen die teorie en die praktyk in die dekoloniseringsproses. Die argument is dat selfs ʼn goeie institusionele transformasieplan nie die dekolonialiteit van kurrikulums sal waarborg nie. Meer is nodig. Sistemiese verandering is nodig en moeilike interdissiplinêre gesprekke is deel van hierdie proses. Gemarginaliseerde stemme moet erkenning en verteenwoordiging geniet en die spesifieke konteksverwante herverdeling van kurrikulums moet plaasvind, sodat transformasieplanne en -teorieë in werking kan tree.
April 21, 2024
Dr Gert Young
Onderwerp: Studenteterugvoer: Die navorsingsmoontlikhede
Studenteterugvoer aan die US is ʼn proses waardeur beduidende hoeveelhede inligting oor verskillende sake wat met studente se leerervarings verband hou, ingesamel word. Vir hierdie inligting om verandering aan te dryf en te onderlê, moet dit ontleed word. Wat is die ontledingsmoontlikhede vir hierdie data? Hierdie sessie fokus op die navorsingsgeleenthede vir studenteterugvoer. Daar word in die besonder onderskei tussen studenteterugvoer as die voorwerp van navorsing en studenteterugvoer as ʼn datainstrument vir navorsing. Die doel van die sessie is om akademici aan te moedig om studenteterugvoernavorsing te onderneem.
Maart 26, 2024
Dr Brendon Pearce and Dr Jeannine Marais
Onderwerp: How do we respond to student feedback?
US studente verskaf gereeld terugvoer oor hulle ondervinding van dosente en/of modules. Die meeste van hierdie terugvoer kom egter aan die einde van ʼn module, wat beteken dat dosente min geleentheid het om die ‘lus toe te maak’ deur met studente oor hulle terugvoer te gesels. En selfs al het dosente die geleentheid gehad om met studente om te gaan, is daar dalk onsekerheid oor hoe om op die terugvoer te reageer. Hierdie vraag – wat doen ek met die terugvoer nadat dit deur studente verskaf is – word deur drs Marais (Departement Voedselwetenskap) en Pearce (Departement Genetika) verken. Dit vorm deel van ʼn reeks oor studenteterugvoer, waarvan die eerste (28 Februarie 2024) alternatiewe maniere vir die insamel van studenteterugvoer verken het.
Februarie 28, 2024
Prof Gareth Arnott, Prof Debby Blaine
Onderwerp: Hernuwing van Studenteterugvoer aan die US: Die gebruik van klasverteenwoordigers as ʼn alternatiewe manier om terugvoer in te samel
Die doeleindes waarvoor studenteterugvoer ingesamel word en die instrumente wat ons gebruik om hierdie terugvoer in te samel, is belangrike aspekte om in ag te neem met die hernuwing van studenteterugvoer aan die US. Tradisioneel benader die US se onderriggemeenskap studenteterugvoer as ʼn evaluasie van dosente en hulle onderrig en maak staat op die formele terugvoeropnames wat aan die einde van modules uitgedeel word, om studente se stemme oor hulle ervarings te hoor. In hierdie sessie sal die twee aanbieders ʼn alternatiewe manier van terugvoer insamel – die betrokkenheid van klasverteenwoordigers – demonstreer. Hulle aanbieding sal ook aanvoer dat die insamel van terugvoer op hierdie wyse ʼn ander doel dien – die verryking van studenteleer. Prof Arnott sal sy gebruik van klasverteenwoordigers op die vlak van ʼn individuele module beskryf en prof Blaine sal aantoon hoe dit na verhouding tot op die vlak van die program vergroot kan word. Die doel van hierdie sessie is om die US se onderriggemeenskap aan te moedig om verskillende maniere van terugvoer invorder, wat uiteindelik studenteleer kan verryk, te verken.
Vorige Auxins