Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Werkswinkels en seminare

​​​​​​
AvOL-prekonferensiewerkse​​ssies

SOL bied ook prekonferensiewerksessies as deel van die AvOL-konferensie in Oktober aan.  Meer inligting oor hierdie werksessies is op die AvOL-webwerf beskikbaar.


Generiese werksessie​​s

Die Kaapse Hoëronderwyskonsortium bied 'n reeks werksessies as deel van hulle Gehalte Onderrig in Hoër Onderwys-program aan. Vir meer inligting, besoek die CHEC-kortkursus-blad
​​

Fakulteitspesifieke werkse​​ssies

Fakulteit-gebaseerde werksessies word in samewerking met die Fakulteite ontwerp om aan die betrokke Fakulteit se spesifieke behoeftes te voldoen.  SOL-personeellede in Fakulteite kan pasgemaakte Fakulteit-gebaseerde onderrig- en leerwerksessies op versoek verskaf. Kontak asseblief die adviseur (sien onder) wat aan u Fakulteit toegewys is om die reëlings te tref.

Onderrig- & Leer Sem​inare

SOL bied elke kwartaal 'n virtuele Onderrig- en Leerseminaar aan op MSTeams om die akademieskap van onderrig en leer te bevorder.  Tydens hierdie sessies deel US Onderrigvennote​ hulle navorsing, innovasies en ervarings oor onderrig en leer met kollegas, en dit lei tot interessante gesprekke.

September 8, 2022
Prof. Faadiel Essop​ (Afdeling Geneeskundige Fisiologie Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)

Topic: Die bekendstelling van breër geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van biomediese wetenskap​

Prof Essop se TAU-genootskapprojek het gefokus op die idee dat wetenskaplikes/ingenieurs dikwels hul dissipline as “neutraal” beskou, en dus sonder enige sosiopolitieke en historiese kontekste. Hierdie “wetenskaplike elitisme” kan dus skynbaar wetenskaplikes van sodanige kontekste vryspreek, bv. ongeregtighede wat tydens apartheid gepleeg is asook hedendaagse dringende kwessies soos die herstelling van billikheid en dekolonialisering. Met die Covid-19-pandemie is wetenskaplikes toenemend in die publieke domein inforseer en daar is dikwels van hulle verwag om op buitensporige aansprake/sameswerings te reageer en om die wetenskaplike bedryf te verdedig. Sodanige response vereis egter grondige en kritiese insigte in die aard van die wetenskaplike proses (bv. swak punte, sterk punte, filosofieë en sosiokulturele-politieke kontekste) en die ideaal van hierdie proses om tot samehangende waarhede te kom. Daar is dus ʼn gaping in die opleiding van wetenskaplikes ten einde beter toegerus te wees om in die “post-waarheid”-wêreld te werk. Die doel van die TAU-genootskap was om ʼn nuwe honneursmodule in Geneeskundige Fisiologie te ontwikkel en om die opname daarvan deur studente en die moontlike impak daarvan te assesseer. Hier is die idee om ʼn geskikte pedagogiese raamwerk vir die bekendstelling van breër geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van die biomediese wetenskap te vestig. Dit behoort die skepping van ʼn transformatiewe onderrig- en leerervaring in die hand te werk, wat sal lei tot goed afgeronde graduandi (met versterkte graduandi-eienskappe) wat beter toegerus en opgelei is om sommige van die hedendaagse samelewingsuitdagings waarvoor ons te staan kom, te hanteer (en daarin leiding te gee). ​ ​

Biography: Prof. Faadiel Essop is tans ʼn professor in die Afdeling Geneeskundige Fisiologie (Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) by die Universiteit Stellenbosch. Hy is ook die direkteur (en medestigter) van die Sentrum vir Kardiometaboliese Navorsing in Afrika (CARMA) by die Universiteit Stellenbosch. Hy is ʼn Fulbright-genoot, ʼn NRF B2-beoordeelde navorser, en het ʼn sterk belangstelling in twee navorsingsgebiede: a) die uitwerking van chroniese stres op die aanvang van kardiometaboliese siektes en b) die ontwikkeling van MIV-verwante kardiovaskulêre siektes. Prof. Essop is ʼn voormalige president van die Fisiologievereniging van Suider-Afrika (PSSA), die huidige president van die Afrika-vereniging vir Fisiologiese Wetenskappe, ʼn voormalige direksielid van die Algemene Vergadering en ʼn huidige raadslid van die Internasionale Unie vir Fisiologiese Wetenskappe (IUPS) en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Komitee van die IUPS. Hy dien ook as ʼn lid van die Internasionale Komitee van die Amerikaanse Fisiologiese Vereniging en is ʼn verkose genoot van die Amerikaanse Fisiologiese Vereniging (FAPS). Hy is as mederedakteur en afdelingredakteur vir onderskeidelik Frontiers in Cardiovascular Medicine en PLOS One aangestel. In 2021 ontvang prof. Essop die PSSA se toonaangewende “Lifetime Career Achievement”-toekenning ter ere van “ʼn gevestigde fisioloog met bewese navorsingsuitnemendheid oor ʼn tydperk”. Hy ontvang in 2018 ʼn Toekenning vir Uitnemende Onderrig van die Universiteit Stellenbosch en ʼn nasionale TAU (Teaching Advancement at University) genootskap vir 2021 tot 2022. ​​

​ ​

​Wil jy aansluit? Stuur 'n epos vir Lucinda Lucks by llucks@sun.ac.za vir die MSTeams skakel.

Meer inligting en podsendings van vorige seminare is beskikbaar hier.

​​

​SOL adviseurs in fakulteite

Fakulteit ​​ Adviseur  E-pos Uitbreiding
AgriWetenskappe Charmaine van der Merwe
cv​andermerwe@sun.ac.za 9762
​Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ​Gert Young gyoung@sun.ac.za ​4937
​Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Kontakpersoon
Dalene Joubert

dvermeulen​@sun.ac.za

4502

​Ingenieurswese
Kontakpersoon:
Dalene Joubert

Karin Wolff
(Adviseur: Onderrig en Leer, Fakultei​t Ingenieurswese)


dvermeulen@sun.ac.za


wolffk@sun.ac.za​

4502
​Krygskunde Sim Ntwasa​ sim@sun.ac.za ​3076
Letter en Sosiale Wetenskappe Karin Cattell-Holden kcattell@sun.ac.za 3074 / 9617
​Natuurwetenskappe ​Hanelie Adendorff hja@sun.ac.za ​9191
Opvoedkunde Anthea Jacobs jacobsa@sun.ac.za 9258
Regsgeleerdheid

Claudia Swart

claudias2@sun.ac.za

4502

Teologie Jean Farmer jeanlee@sun.ac.za2956