Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Copy of sc web banners.png

​Alle informasie en dokumentasie word twee maal per jaar, voor elke bevondsingsrondte, opgedateer.​​​​​​​​

​​*** Finlo 2023 oproep om voorstelle is hier​ beskikbaar (sluitingsdatum​: 17 November 2023)***


Die Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig (FINLO) befonds onderrig-leer-assesseringsprojekte (OLA-projekte) wat óf innoverend óf navorsingsgefokus is. Dit word deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) bestuur. Die doel van Finlo is om finansiële ondersteuning te bied om:

  • Die waarde van OLA aan die US te demonstreer.

  • 'n Navorsingsgebaseerde benadering tot OLA aan te moedig.

  • Die akademieskap van OLA aan die US te ondersteun.

  • Akademici te ondersteun om hul OLA te verbeter en/of te verander.

  • Akademici te help om hul OLA effektief te innoveer of te navors​.


Wie mag aansoek doen?

Enige dosent, span dosente, of sentrum verantwoordelik vir OLA word uitgenooi om voorstelle vir befondsing van navorsings- en/of innovasieprojekte in te dien wat daarop gemik is om OLA aan die US te verbeter. Die fokus van voorstelle kan die hersiening, herontwerp, en hernuwing van die akademiese aanbod insluit, wat refleksie aanmoedig en fokus op die transformasie en verbetering van kurrikulum, onderrig, leer, en assessering.

Befondsingsbedrag:​

Finlo word twee keer per jaar toegeken deur 'n subkomitee van die Komitee vir Onderrig, Leer en Assessering (KOLA). Voorstelle word befonds tot 'n maksimum van R60 000.

Aansoekproses:​

  1. Voltooi die 2023-aansoekvorm elektronies hier om in aanmerking te kom. Slegs aansoeke wat op hierdie elektroniese vorm ingedien word, sal oorweeg word. 'n Aflyn-weergawe van die aansoekvorm kan hier besigtig word.
  2. Indien 'n aansoek suksesvol is, word 'n interim verslag (verskuldig 6 maande nadat die projek begin het) en 'n finale verslag (na afloop van die projek) van die projek vereis word.
  3. finlo-deelnemers is verplig om die bevindinge van jou Finlo-gefinansierde projek by die SoTL-kongres voor te lê.
  4. Enige publikasies gekoppel aan 'n Finlo-gefinansierde projek moet aan Finlo gerapporteer word. 
  5. Enige ongebruikte Finlo-fondse moet saam met die finale verslagindiening aan Finlo terugbesorg word.


Ondersteuning vir 'n Finlo-projek:

​Sodra die idee ontwikkel is en daar met kollegas gesels is, word voornemende aansoekers aangemoedig om die SOL-adviseur in hulle fakulteit te gesels.​ 

Ter ondersteuning van die Finlo-projekte bied die SOL jaarliks twee skryfwegbreke aan. Hierdie wegbreke bied deelnemers die geleentheid om toegewyde tyd, weg van die kantoor af, te neem om aan hulle Finlo-voorstelle of -publikasies te werk. Hierdie skryfsessies vind gewoonlik in Mei en November plaas en beide nuwe en ervare onderrig-leer-assesseringsnavorsers kan dit bywoon. Vir meer inligting oor die skryfwegbreke, blaai na onder.


Dokumentasie: 

  • Die dokumentasie vir die aansoekproses is hier beskikbaar (slegs in Engels).
  • Die reëls en regulasies vir Finlo word hier ​uiteengesit. 
  • Gebruik die onderstaande formate om verslag te doen oor die Finlo-projek.




Copy of sc web banners (1).png

***Die Finlo-skryfwegbreek 2023 se oproep om voorstelle is hier beskikbaar***

Ter ondersteuning van die Finlo-projekte bied die SOL jaarliks twee skryfwegbreke aan. Hierdie wegbreke bied deelnemers die geleentheid om toegewyde tyd, weg van die kantoor af, te neem om aan hulle Finlo-voorstelle of -publikasies te werk. Hierdie skryfsessies vind gewoonlik in Mei en November plaas en beide nuwe en ervare onderrig-leer-assesseringsnavorsers kan dit bywoon. Vir meer inligting oor die skryfwegbreke, blaai na onder. Op die program by die wegbreke is doelstelling en doelbereiking, insette van eweknieë, besprekingssessies en konsultasies met die fasiliteerder en/of SOL-adviseurs, asook kleingroep inloersessies.

Die doel van die skryfwegbreke is die:
  • ontwikkeling van Finlo-voorstelle;
  • tyd vir produktiewe navorsingskryfwerk verwant aan Finlo-projekte;
  • ondersteuning deur fasiliteerders en/of SOL-adviseurs in 'n omgewing van vertroue en veiligheid;
  • vorming van 'n multidissiplinêre gemeenskap van praktyk waar portuurondersteuning gebied word;
  • verkenning van die sleutelskakels tussen onderrig, leer, assessering, navorsing, skryfwerk, en akademieskap.​
​​

***Die aansoekvorm om 'n skryfwegbreek by te woon is hier beskikbaar.***

​​​

Kontakbesonderhede

  •   Anthea Jacobs
  •   jacobsa@sun.ac.za