Die
2018 Leer en Onderrigbeleid (punt 7.1.3) dui aan dat studenteterugvoer die hoofbron van inligting is oor studente se ervaring van leer en onderrig maar dat die data gebruik moet word saam met ander bronne van terugvoer. Voorbeelde hiervan sluit in Classroom Assessment Techniques (CATs), terugvoer van kollegas, self-evaluering asook refleksie en literatuur.
Sedert Januarie 2020 is slegs die elektroniese studenteterugvoerstelsel in gebruik en geen papier-studenteterugvoervorms is meer beskikbaar nie (dit sluit voorgraads- en nagraadse modules in).
Elektroniese Terugvoerstelsel
Die Studenteterugvoerstelsel is nou beskikbaar via 'n elektroniese platform. Dit is ontwerp sodat dit toeganklik is vir studente. Die stelsel is geintegreer met SUNLearn met toegang vir studente en die Studenteterugvoerkantoor.
Die Studenteterugvoerpersoneel is administrateurs van die stelsel en hanteer aktiveringsversoeke vanaf dosente of departemente. 'n
E-registrasievorm moet alle versoeke vergesel.
Tydsberekening is belangrik: Skeduleer die opname lank genoeg vooruit dat studente voldoende tyd het om te reageer. Ervaring toon dat die responskoers van opnames wat oopmaak eers nadat klasse geëindig het, aansienlik laer is as dié wat voor die einde van die module uitgevoer word. Die ideaal is dat studente geleentheid kry om hulle behoeftes en bekommernisse uit te spreek voordat die klasse eindig. Dit is belangrik om sulke probleme met die studente te bespreek en vir hulle te wys dat dosente waarde aan hulle terugvoering heg en daarvolgens handel.
Proses vir aktivering van vraelys op Studenteterugvoerstelsel
Klik asseblief hier vir volledige instruksies en inligting rakende die aktivering van die elektroniese studenteterugvoer-vraelys.
Programterugvoervorm
Let wel:
Die hersieningsproses van die Programterugvoervorm gaan nie meer plaasvind nie. Tot verdere kennisgewing is die vorm nie beskikbaar vir gebruik nie.
Studenteterugvoer oor leer- en onderrigprogramme (uitgesluit die hoofsaaklik navorsingsgebaseerde programme op M- en D-vlak) word jaarliks aan die einde van die finale akademiese jaar van die program afgeneem. Die opname word gedoen onder finalejaarstudente. Dit is die verantwoordelikheid van programkomitees en -koördineerders om toe te sien dat dit geskied.
Dosente-terugvoervorm
Ten einde 'n meer volledige voorstelling van die onderrig-en-leer-konteks te verskaf, is dit belangrik dat dosente ook terugvoer oor hulle ervarings van die onderrig van bepaalde modules gee.
Klik asseblief hier vir die dosente-terugvoervorm.