Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
sotl banner afr.png

​​Hierdie kortkursus oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL, of in Engels "Scholarship of Teaching and Learning", afgekort na SoTL) het dit ten doel om akademici by te staan met die konseptualisering en ontwerp van 'n AvOL-navorsingstudie. Deelnemers leer hoe om te onderskei tussen hul vak-spesifieke navorsing en SoTL-navorsing, hoe om hulle OLA navorsingsvrae te verfyn, watter literatuur om te raadpleeg, hoe om opvoedkundige teorie te gebruik, gepaste metodologie te ontwerp en om data in te samel en te interpreteer. Die kursus het dit ten doel dat deelnemers hul navorsingsvrae verfyn, ’n gepaste metodologie ontwerp en leer hoe om data in te samel en te interpreteer. Uiteindelik formuleer deelnemers ’n navorsingsvoorstel wat aan die US se etiese beginsels en institisionele praktyke voldoen​.

Hierdie kortkursus is gemik op akademici aan die US en dit word gratis aangebied.​

Aanbod:

  • NQF level 8; vyf krediete en 50 leerure.
  • Een inname per jaar: April – November 2024.

Modus: 

  • Gemengdeleer.
  • Drie sinchrone kontaksessies, aangesig-tot-aangesig.
  • Asinchrone aanlynleer en –samewerkingsgeleenthede.​

Datums van kontaksessies:

  • Vrydag, 5 April 2024
  • Donderdag, 23 Mei 2024
  • Donderdag, 21 November 2024​

Leeruitkomste:

Ná afhandeling van hierdie kortkursus sal deelnemers in staat wees om:

  • Tussen opvoedkundige navorsing en die AvOL te onderskei;
  • Te bespreek hoe AvOL-navorsing onderrig, leer en assessering (OLA) kan verbeter;
  • ʼn Navorsingsprobleem en -vraag in hulle eie OLA-sfeer te identifiseer en te formuleer;
  • Tersaaklike literatuur wat op die navorsingsvraag betrekking het, krities te assesseer en te sintetiseer;
  • ʼn Toepaslike metodologie, datainsamelingsmetode en benadering tot datavertolking om die navorsingsvraag te beantwoord, te kies;
  • ʼn Toepaslike opvoedkundige teorie te kies om die metodologiese keuses te onderlê;
  • Die toepaslike etiese beginsels en institusionele toestemmingsvereistes wat vir die studie geld, in ag te neem; en
  • ʼn Navorsingsvoorstel wat al bogenoemde elemente byeenbring, te ontwerp en voor te lê.

Die voorstel moet​ voldoen aan alle etiese en institusionele toestemmingsvereistes.

 
STL.png

Navrae​