Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Aktiewe terugvoer: Navorsingseminaar oor onderrig, leer en assesseringhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9366Aktiewe terugvoer: Navorsingseminaar oor onderrig, leer en assesseringCentre for Teaching and Learning (CTL)
Die Universiteit Stellenbosch (US) se onderriggenote en die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) het op 25 Augustus 2022 'n aanlyn navorsingseminaar vir die akademiese gemeenskap van die US aangebied. Die onderwerp was aktiewe terugvoer, d.w.s. waar studente hulle eie terugvoer skep.

Die aanbieders was prof David Nicol en Suzanne McCallum van die Adam Smith-bestuurskool aan die Universiteit van Glasgow. Nicol en McCallum is navorsingsmedewerkers oor die onderwerp en het hulle bevindinge al wyd gepubliseer.

Die seminaar het gehandel oor die krag van vergelyking om studente van hulle eie, innerlike terugvoer bewus te maak en sodoende ook hulle wilsbesef (sense of agency) te ontwikkel. Wanneer studente terugvoerkommentaar van 'n dosent ontvang, word daar van hulle verwag om daardie kommentaar met hulle werk te vergelyk, en lei sodanige vergelyking (hopelik) tot nuwe begrip. Volgens hierdie benadering voorsien dosente dus kommentaar op studente se werk, en skep studente dan (innerlike) terugvoer. Maar gestel studente word gevra om hulle werk te vergelyk met ander inligting as dosente se terugvoer, soos met 'n handboek, video, diagram, vaktydskrifartikel, rubriek, of 'n kombinasie daarvan? Navorsing deur Nicol en McCallum toon dat wanneer studente doelbewus aangespoor word om dít te doen én om hulle innerlike terugvoer uitdruklik te maak (soos deur dit op skrif te stel), dit merkwaardige gevolge het. Hierdie metode verdiep en verbreed nie net studente se leer nie, maar ontwikkel veral ook hulle vermoë om hulle eie leer te reël – iets waarna die meeste hoëronderwysprogramme streef. Daarbenewens stel dit dosente in staat om terugvoer aan alle studente uit te brei sonder dat die dosent se werklas toeneem.

Nicol het seminaargangers aan die denke agter die metode bekend gestel, en McCallum het die praktiese implementering daarvan aan die hand van 'n aantal dissiplinêre voorbeelde gedemonstreer. Dit was duidelik dat wanneer studente hulle eie terugvoer skep, dit hulle in staat stel om hulle leer na nuwe kontekste oor te dra. Aktiewe terugvoer hou dus direk verband met leergerigte onderrig.

Deelnemers kon deur die hele seminaar met die aanbieders in gesprek tree en die moontlike toepassing van aktiewe terugvoer in hulle eie modules verken. Hulle is ook genooi om dié metode verder saam met Nicol en McCallum te ondersoek.

Verdere inligting oor onderskeidelik David Nicol en Suzanne McCallum is te kry by www.davidnicol.net en https://www.gla.ac.uk/schools/business/staff/suzannemccallum/.

Onderrig- en Leerseminaarhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9343Onderrig- en LeerseminaarDivision for Learning and Teaching Enhancement
Die Afdeling Leer- en Onderrigverryking bied kwartaalliks 'n Onderrig- en Leerseminaar aan om die Akademieskap van Onderrig en Leer aan die US te bevorder. Die US Onderriggenote en nasionale “Teaching Advancement at Universities" (“TAU") genote deel hul navorsing oor, innoverings in en ervaring van onderrig en leer, gevolg deur bespreking en vrae.

Die volgende seminaar vind plaas op 8 September 2022, 13:00-14:00, op MS Teams. Prof. Faadiel Essop (Afdeling Mediese Fisiologie, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), 'n TAU genoot, praat oor “Introducing broader humanities and arts concepts into the biomedical science curriculum" (“Die insluiting van breër geesteswetenskaplike en kunskonsepte in die biomediese wetenskapskurrikulum").

Prof Essop se TAU-genootskapprojek het gefokus op die idee dat wetenskaplikes/ingenieurs dikwels hul dissipline as “neutraal" beskou, en dus sonder enige sosiopolitieke en historiese kontekste. Hierdie “wetenskaplike elitisme" kan dus skynbaar wetenskaplikes van sodanige kontekste vryspreek, bv. ongeregtighede wat tydens apartheid gepleeg is asook hedendaagse dringende kwessies soos die herstelling van billikheid en dekolonialisering. Met die Covid-19-pandemie is wetenskaplikes toenemend in die publieke domein inforseer en daar is dikwels van hulle verwag om op buitensporige aansprake/sameswerings te reageer en om die wetenskaplike bedryf te verdedig. Sodanige response vereis egter grondige en kritiese insigte in die aard van die wetenskaplike proses (bv. swak punte, sterk punte, filosofieë en sosiokulturele-politieke kontekste) en die ideaal van hierdie proses om tot samehangende waarhede te kom. Daar is dus ʼn gaping in die opleiding van wetenskaplikes ten einde beter toegerus te wees om in die “post-waarheid"-wêreld te werk.

Die doel van die TAU-genootskap was om ʼn nuwe honneursmodule in Geneeskundige Fisiologie te ontwikkel en om die opname daarvan deur studente en die moontlike impak daarvan te assesseer. Hier is die idee om ʼn geskikte pedagogiese raamwerk vir die bekendstelling van breër geesteswetenskappe- en kunskonsepte in die kurrikulum van die biomediese wetenskap te vestig. Dit behoort die skepping van ʼn transformatiewe onderrig- en leerervaring in die hand te werk, wat sal lei tot goed afgeronde graduandi (met versterkte graduandi-eienskappe) wat beter toegerus en opgelei is om sommige van die hedendaagse samelewingsuitdagings waarvoor ons te staan kom, te hanteer (en daarin leiding te gee).

Navrae en besprekings:  Lucy Lucks by llucks@sun.ac.za of (021) 808 3717

US Onderrigtoekennings 2022https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9278US Onderrigtoekennings 2022Karin Cattell-Holden
Aansoeke word tans ingewag vir die Universiteit Stellenbosch (US) Onderrigtoekennings 2022.

Die Onderrigtoekennings erken en beloon uitstaande onderrig aan die US. Alle akademiese personeel wat onderrig gee, kan vir hierdie toekennings in aanmerking kom.

Akademici kan om ʼn individuele toekenning of ʼn samewerkende toekenning aansoek doen:

1.       Individuele toekennings
Die individuele toekennings word in twee kategorieë aangebied, naamlik Vakkundige Opvoeder (“Scholarly Teacher") en Toonaangewende Onderwysvakkundige (“Leaderly Teaching Scholar").

Volgens die Onderrig- en Leerbeleid (2018:5) ontwikkel die onderrigrol “van nadenkende praktisyns[1] tot vakkundige opvoeders, wat dan onderwyssvakkundiges[2] en uiteindelik toonaangewende onderwyssvakkundiges word":

1.1  Die toekenning vir Vakkundige Opvoeder (voorheen bekend as Ontluikende Dosent) is bedoel vir akademici wat in hulle onderrig as nadenkende praktisyns optree en ook:

uit opvoedkundige literatuur put om oor hulle onderrigpraktyk en professionele groei na te dink, en

verder as persoonlike besinning na waarneming en portuurbeoordeling van hulle onderrig beweeg.
(Onderrig- en Leerbeleid, 2018:5)

2 Die toeke​nning vir Toonaangewende Onderwysvakkundige (voorheen bekend as Uitgelese Dosent) is bedoel vir akademici wat in hulle onderrig as onderwysvakkundiges optree en ook:

deur publikasie tot bestaande onderrig- en leerkennis bydra, en

institusionele, nasionale en internasionale leierskap op die gebied van onderrigpraktyk bied.
(Onderrig- en Leerbeleid, 2018:5)

2.       Samewerkende toekenning
Die Onderrigsamewerkingtoekenning is bedoel vir 'n groep van twee of meer akademici uit dieselfde departement of verskillende departemente/fakulteite wat vir 'n deurlopende tydperk saamgewerk het om 'n module, program of ander onderrigverwante projek soos kurrikulumvernuwing te ontwerp, ontwikkel en aan te bied. Ten tyde van die aansoek moet die module/program/projek reeds vir minstens twee jaar in die implementeringsfase wees.

Ooreenkomstig die Onderrig- en Leerbeleid (2018:5) word die onderrigportefeulje as hoofinstrument gebruik om uitnemende onderrig in aldrie kategorieë te beoordeel. Adviseurs van die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) bied bystand met portefeulje-ontwikkeling in fakulteite.

Benoemdes word aanvanklik deur middel van ʼn interne fakulteitsproses gekies. Suksesvolle aansoeke word daarna by die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL), by kcattell@sun.ac.za, ingedien. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Oktober 2022. Ná beoordeling deur ʼn institusionele keuringskomitee sal die suksesvolle kandidate in die vierde kwartaal van hul toekennings in kennis gestel word. Hulle sal hul toekennings by ʼn plegtigheid aan die einde van daardie kwartaal ontvang.

Vir navrae, kom gerus in aanraking met dr. Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za.

[1] “Nadenkende praktisyns besin doelbewus en krities oor hulle onderrigpraktyk, en hersien en dokumenteer hulle professionele groei stelselmatig" (Onderrig- en Leerbeleid, 2018:5).

[2] Onderwysvakkundiges is vakkundige opvoeders wat hul onderrigpraktyk navors en hul professionele groei dokumenteer “met die oog daarop om hulle bevindinge in die openbaar te publiseer en tot bestaande onderrig- en leerkennis by te dra" (Onderrig- en Leerbeleid, 2018:5).

Eerstejaarsprestasietoekennings 2022https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9269Eerstejaarsprestasietoekennings 2022Centre for Teaching and Learning | Sentrum vir Onderrig en Leer
Eerstejaarsprestasietoekennings

IiMbasa zokuWonga iMpumelelo yaBafundi boNyaka wokuqala

First-year Achievement Awards

2022​

​Prof Deresh Ramjugernath, Viserektor: Leer en Onderrig, het op 28 Julie 2022 die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse Eerstejaarsprestasietoekennings by STIAS aangebied. Dr Antoinette van der Merwe, senior direkteur van die Afdeling Leer- en Onderrigverryking, was die seremoniemeester vir die aand. Dié prestigegeleentheid vereer die beste 33 eerstejaarstudente van die vorige jaar, saam met die dosente wat volgens hulle 'n diepgaande impak op hulle leer gehad het. Vanjaar se toekenningsaand was die eerste in twee jaar wat weer in kontakvorm kon plaasvind. Studente, dosente, dekane en visedekane het almal aangesit vir aandete en informele gesprek. 'n Gaspaneel met me Ebrezia Johnson (Regsgeleerdheid), prof Karin-Therese Howell (Wiskunde) en dr Philip Southey (Natuurwetenskappe) het gesels oor hulle ervarings van deernisvolle en empatiese onderrig en die belang van studente se betrokkenheid by hulle eie leer. Ál drie paneellede is dosente wat self al verskeie kere deur eerstejaars benoem is.

Wedersydse bewondering: Dr Anita Jonker van Lettere en Sosiale Wetenskappe (links) is deur topstudent me Lerato Nkosi benoem.

Uitgestalde foto h​ier​​bo​

'n Viering van Natuurwetenskappe-studente en -dosente: Van links staan studente Jean Weight, Danielle Kleyn en Iain le Roux, wat almal prof Hugo Touchette (vyfde van regs) benoem het. Marelie Bester (vierde van links) staan langs haar benoemde dosent, me Rehana Malgas-Enus. Van regs staan prof Deresh Ramjugernath (Viserektor: Leer en Onderrig), dosent me Elizabeth Burger en die student wat haar benoem het, Kyle Louw, en prof Ingrid Rewitzky, Natuurwetenskappe se Visedekaan: Leer en Onderrig.

Geredigeer en vertaal deur die Taalsentrum

Elsabe Daneel Kommunikasiewerkswinkel 2022https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=7900Elsabe Daneel Kommunikasiewerkswinkel 2022Claudia Swart
​ELSABÉ DANEEL KOMMUNIKASIEWERKSWINKELS

Elsabé Daneel is ʼn bekende televisie-aanbieder, televisie- en rolprentaktrise en toneelspeler, en regisseur van talle teaterproduksies. Sy is ʼn produksieleier, regisseur en aanbieder van korporatiewe video's asook dokumentêre programme vir kykNET en M-Net.

As kommunikasie- en mediastrateeg bied sy kommunikasiewerkswinkels getiteld Communication IQ aan. Hierdie prettige en praktiese werkswinkels in kommunikasie- en projeksievaardighede is gerig op korporatiewe kliënte, televisie- en radio-aanbieders, akteurs, openbare sprekers, opvoeders, studente, akademiese personeel, en so meer.

Elsabé gaan in 2022 twee kommunikasiewerkswinkels vir akademiese (doserende) personeel van die Universiteit Stellenbosch aanbied.  Sien asseblief die besonderhede onder.

Deelnemers kan na die volgende onderwerpe uitsien:

·            Begrip van kommunikasie-jargon
·            Ontdek die ABC van die kommunikasieproses
·            Evalueer jou sterk en swakker punte as ʼn kommunikeerder
·            Hoe om kommunikasiemodelle vir jou te laat werk
·            Ontdek die tegniese aspekte wat die kommunikasieproses beïnvloed
·            Die rol van persoonlike styl
·            Die belang van liggaamstaal
·            Eksperimenteer met vokalisering
·            Ontspanningstegnieke wat werk
·            Hoe om jou mondelinge boodskap te verpak
·            Die vestiging van goeie verstandhoudings
·            Die dinamika van kommunikasie
·            Wenke vir uiters doeltreffende kommunikeerders
·            Die gebruik van tegnologie in die klaskamer as deel van die 'omgekeerde klaskamermetode'
·            Doeltreffende kommunikasie in aanlyn lesings.

Wanneer:

3 Augustus 2022 (reeds voltooi)
25 Oktober 2022 (vol bespreek, kan op waglys geplaas word)

Tyd:
13:00 tot 17:00

Waar:
Den Bosch, Victoriastraat 39 (oorkant Skuilhoek en agter die Konservatorium)

Daar is slegs 10 plekke per werkswinkel beskikbaar.

Skakel met Lucinda Lucks (llucks@sun.ac.za) om jou plek te bespreek.

Programvernuwing as wegwyser: Die profiel van die afgestudeerde, soos inverbeel vir menige toekomstehttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9041Programvernuwing as wegwyser: Die profiel van die afgestudeerde, soos inverbeel vir menige toekomsteAntoinette van der Merwe
​Programvernuwing is in Augustus 2021 deur die Rektoraat as een van sewe wegwysers (game changers) vir die Universiteit uitgelig. In lyn hiermee, het die Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking op Woensdag 20 April 2022 'n institusionele werksessie getiteld “Programme renewal as game changer: Imagining graduates of the futures" by Devonvale Gholflandgoed aangebied. Die werksessie is deur Doris Viljoen, Direkteur: Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Stellenbosch Bestuurskool, gefasiliteer en bygewoon deur byna honderd personeellede van al 10 fakulteite en die steundienste-omgewings, asook studente.

Die fokus van die dag was tweeledig: die viering van die programvernuwingsproses binne fakulteite tot op hede sowel as die inverbeel van die wenslike profiel van 'n US-afgestudeerde van die toekoms binne 'n paar moontlike scenarios vir die US in 2032. Terugvoer, soos ingewin tydensdinkskrumsessies sal by die hersieningsprosesse van die US se Leer- en Onderrigbeleid, die Strategie vir Onderrig en Leer en die Digitale Leer- en Onderrigstrategie ingewerk word. Nico Simpson, konseptuele kunstenaar het ook op die dag almal se insae in prente vasgevang.

Die programvernuwingsproses by die US het 'n lang aanloop, met die eerste universiteitswye werksessie wat in Mei 2017 deur Gilly Salmon gefasiliteer is. Sedertdien is groot vordering gemaak met fakulteitspesifieke programvernuwingsprojekte, ondersteun deur die Universiteitskapasiteitontwikkelingstoelae (UCDG). Hierdie werksessie was 'n uitspan-geleentheid, waar fakulteite die lesse en suksesse van hul onderskeie programvernuwingsprosesse  kon vier en  nuwe moontlikhede kon inverbeel vir hulle verdere programvernuwingsinisiatiewe vir 2022 en verder.

Jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=9042Jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie Division for Learning and Teaching Enhancement
​Die Universiteit van Stellenbosch se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking kondig graag die 15de aanbieding van die jaarlikse Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL) Konferensie aan. Die doel van die konferensie is om 'n ruimte te skep waar akademici bymekaar kan kom om onderrig, leer en assessering by die instelling te deel en te vier.

Ons beplan om hierdie jaar die konferensie hibriedies vanaf 24 – 26 Oktober 2022 aan te bied. Die konferensietema is “Assessering tel: Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring". Vir meer inligting, besoek gerus https://www0.sun.ac.za/sotl/

Suellen Shay Simposium: Kritiese Gesprekke oor Kennis, Kurrikulum en Epistemiese Geregtigheidhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8991Suellen Shay Simposium: Kritiese Gesprekke oor Kennis, Kurrikulum en Epistemiese GeregtigheidProf Karin Wolff

Suellen Shay Simposium:
Kritiese Gesprekke oor Kennis, Kurrikulum en Epistemiese Geregtigheid

Ter nagedagtenis aan Suellen Shay se lewe en as getuienis van die voortgesette impak van haar akademieskap, het kollegas van die vaktydskrif Teaching in Higher Education, die Universiteit van Kaapstad en medewerkers ʼn eendaagse hibridiese simposium gehou.

Die simposium was daarop gemik om breë, diepgaande en kritiese eieydse betrokkenheid by haar oeuvre en die implikasies daarvan vir die akademieskap en praktyk van hoër onderwys op te wek. Aanbieders het gesprekke, ontluikende perspektiewe en idees oor die temas waaraan Suellen gewerk het en/of die teoretiese hulpbronne waaruit sy geput het, aan te voer.

Agtergrond

Suellen Shay het ʼn beduidende bydrae as akademikus, onderwyser en studieleier in hoëronderwysstudies gelewer. Aangespoor deur haar verbintenis tot werk vir verandering vir groter geregtigheid en billikheid in hoër onderwys, het Suellen tot studente- en personeelontwikkeling bygedra, ʼn nagraadse program in hoëronderwysstudies gevestig en aangevoer, tot die ontwikkeling van institusionele en nasionale beleid bygedra en as Dekaan van die Sentrum vir Hoër Onderwysontwikkeling aan die Universiteit van Kaapstad gedien. Sy was ook amper ʼn dekade lank die uitvoerende redakteur van Teaching in Higher Education. Vir haar talle kollegas en medewerkers laat Suellen goeie herinneringe aan met haar saamwerk en ook ʼn ryk akademiese oeuvre na. Haar akademiese loopbaan het begin met die afhandeling van ʼn PhD oor assessering as ʼn maatskaplik-gesitueerde praktyk. Daarna het sy begin met ʼn program van teoreties-onderlegde empiriese navorsing wat as die grondslag van werk aan assesseringsbeleid, toegang in die Suid-Afrikaanse konteks, die herformulering van onderwysontwikkeling en breër teoretisering op die gebied van hoër onderwys gedien het. In die sosio-realistiese tradisie van die sosiologie van onderwys, het sy ʼn wesenlike bydrae gelewer tot navorsing en teoretisering oor die differensiasie en progressie van kurrikulumkennis, waaronder die teoretisering van beroeps- en professionele kennis en hoër onderwys as ʼn professionele vakgebied. Deur hierdie oeuvre het Suellen ʼn deurlopende impak gehad op beleid en praktyk ten opsigte van hoër onderwys – internasionaal en plaaslik in Suid-Afrika.

https://www.news.uct.ac.za/article/-2021-04-16-in-remembrance-professor-suellen-shay

​Temas van die simposium

Innovasies en uitdagings van werk vir billikheid, toegang en epistemiese geregtigheid in hoër onderwys, waaronder die hersiening van studenteontwikkeling, kurrikulum en assesseringsbeleid en -praktyk;

Teoretisering oor die vakgebied van hoër onderwys (as professionele praktyk), waaronder gesprekke oor personeelontwikkeling en programme in hoëronderwysstudies;

Verskuiwings in assessering in hoër onderwys – beleid en praktyk;

Strydpunte oor hervorming of dekolonisering van die hoëronderwyskurrikulum vir epistemiese geregtigheid;

Die implikasies van institusionele en/of kennisdifferensiasie vir kurrikulum en onderrigmetodiek;

Teoretiese gesprekke wat krities omgaan met die Bernsteinse of sosio-realistiese tradisie van die sosiologie van (hoër) onderwys.

​Vir meer inligting, besoek https://sites.google.com/view/suellen-shay-symposium/home of kontak prof Karin Wolff by wolffk@sun.ac.za.

US-onderiggenoot 2022: Dr Marnel Moutonhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8954US-onderiggenoot 2022: Dr Marnel MoutonDr Karin Cattell-Holden
Dr Marnel Mouton, Departement Plant- en Dierkunde (Fakulteit Natuurwetenskappe), het 'n US-onderriggenootskap vir die tydperk 2022–2024 ontvang.

Die Universiteit Stellenbosch (US) het in 2009 die onderriggenootskapsprogram ingestel om uitgesoekte akademici 'n geleentheid te bied om hulle onderrigkennis uit te brei en die ontwikkeling van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit aan te moedig. Die genootskappe stel voortreflike opvoeders en navorsers op die gebied van onderrig en leer in staat om, met verskillende vorme van steun, vir 'n ononderbroke tydperk (een tot drie jaar) op enige aspek van kurrikulumvernuwing of onderrig en leer in die algemeen te konsentreer, en om goeie onderrig-en-leerpraktyk in hulle departemente en fakulteite sowel as sentraal aan die Universiteit te versprei.

Dr Marnel Mouton het 'n onderriggenootskap vir die tydperk 2022 tot 2024 ontvang. Dr Mouton is 'n senior dosent in die Departement Plant- en Dierkunde en is sedert Oktober 2006 aan die US verbonde. Sy het 'n PhD in Mikrobiologie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf.

Dr Mouton se wetenskaplike navorsingsuitsette sluit publikasies oor swamtaksonomie, mikrobiese ekologie en walvisvelsiektes in. Haar navorsingsbelangstellings en publikasies op die gebied van onderrig en leer handel in die algemeen oor wetenskaponderrig in die hoër onderwys, en in die besonder oor die gaping tussen sekondêre en tersiêre onderwys, die eerstejaar op universiteit, en die rol van die Verlengde Graadprogram (VGP) om billike toegang en sukses in die hoër onderwys teweeg te bring. Sy is 'n lid van die navorsingsgroep oor legitimasiekodeteorie in die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en ondersoek die nut van hierdie raamwerk om 'n aantal verskynsels en vraagstukke in wetenskaponderrig te evalueer en te hanteer. Sy is ook die medesamesteller van 'n boek oor hierdie onderwerp, wat die werk van verskeie plaaslike en internasionale outeurs insluit.

Die oorhoofse doel van dr Mouton se genootskap sal wees om te bepaal in watter mate die VGP op die gebied van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (WTIW) tot akademiese sukses bydra. Haar navorsing sal deur die volgende vrae gerig word:

1. In watter mate het hoëronderwystoegang deur die VGP tot sukses gelei? Hoe lyk hierdie data vergeleke met dié van hoofstroomstudente?

2. Hoe het voormalige VGP-studente die program ervaar?

3. In watter opsig het die VGP-grondslag daarin geslaag of misluk om hierdie voormalige studente vir hoëronderwysstudie voor te berei?

4. Watter faktore het die grootste aandeel aan studente se akademiese sukses/mislukking gehad?

Die genootskap beoog om die US beter daartoe in staat te stel om die slaagsyfer van VGP-studente te verbeter. Die VGP-slaagsyfer, sowel as dié van ander eerstejaarstudente, is sowel nasionaal as internasionaal 'n bron van kommer. Die navorsing behoort die US dieper insig te bied in moontlike aanwysers van studentesukses en/of -mislukking, wat die Universiteit boonop in die toekoms met studentekeuring en -werwing kan help. Uiteindelik kan hierdie insigte en inisiatiewe die US se jaarlikse VGP-gradueringsyfers op WTIW-gebied verbeter.

Aangesien die onderriggenootskappe deur die Universiteitsvermoëboutoelaag gefinansier word, sal dr Mouton se genootskap boonop maniere ondersoek vir die ontwikkeling, versterking en handhawing van akademiese personeel se bevoegdheid om ontwikkelingsdoelwitte te stel en oor tyd te bereik.

Die US het sedert die aanvang van die program 12 jaar gelede altesaam 17 genootskappe toegeken:

Prof Elmarie Costandius (2011)

Departement Visuele Kunste

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Prof Dana Niehaus (2011)

Departement Psigiatrie

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Prof Geo Quinot (2013)

Departement Publiekreg

Fakulteit Regsgeleerdheid

Prof Ian Nell (2015)

Departement Praktiese Teologie en Missiologie

Faculteit Teologie

Prof Nicola Plastow (2015)

Afdeling Arbeidsterapie, Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Dr Berna Gerber (2016)

Afdeling Spraak-Taal- en Gehoorterapie, Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Wyle dr Helena Wessels (2016)

Departement Kurrikulumstudie

Fakulteit Opvoedkunde

Prof Elize Archer (2017)

Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Prof Ingrid Rewitzky (2017)

Visedekaan: Onderrig en Leer

Fakulteit Natuurwetenskappe

Dr Marianne McKay (2017)

Departement Wingerd- en Wynkunde

Fakulteit AgriWetenskappe

Dr Michael Schmeisser (2018)

Departement Hortologie

Fakulteit AgriWetenskappe

Prof Marianne Unger (2018)

Afdeling Fisioterapie, Departement Gesondheids- en Rehabilitasiewetenskappe

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Dr Margaret Blackie (2020)

Departement Chemie en Polimeerwetenskap

Fakulteit Natuurwetenskappe

Prof Debby Blaine (2021)

Departement Meganiese en Megatroniese Ingenieurswese

Fakulteit Ingenieurswese

Dr Taryn Bernard (2021)

Verlengde Graadprogram

Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe

Dr Gretha Steenkamp (2021)

Skool vir Rekeningkunde

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Prof Susan van Schalkwyk (2021/22)

Direkteur: Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys

Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Vir verdere inligting oor die onderriggenootskappe, kontak dr Karin Cattell-Holden by kcattell@sun.ac.za.

Internasionale Vrouedag: Vooroordele en diskriminasie teen vroue moet beëindig wordhttps://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/news/DispForm.aspx?ID=8868Internasionale Vrouedag: Vooroordele en diskriminasie teen vroue moet beëindig wordCorporate Communication & Marketing / Korporatiewe Kommunikasie & Bemarking
Op Dinsdag 8 Maart vier ons Internasionale Vrouedag. In meningsartikels vir die media, fokus kenners aan die Universiteit Stellenbosch op belangrike kwessies wat aangespreek moet word ten einde die aanhoudende vooroordele en diskriminasie teen vroue te beëindig. Klik op die skakels hieronder om die vertaalde weergawes van die artikels te lees.

Prof Juliana Claassens (Die Burger)*

Dr Jean Lee Farmer (The Conversation)

Dr Linda Zuze (News24)

*Hierdie artikel het oorspronlik in Afrikaans verskyn.