Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Teaching fellowships web banners - Afrik.png

​​​​​​​​Onderriggenootskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) is in 2009 daargestel met die doel om onder meer ’n geleentheid vir dosente te skep om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel en die uitbreiding van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit te bevorder. Sedertdien het die US reeds talle onderriggenootskappe befonds.Hierdie program is 'n uitstekende geleentheid om kundigheid met betrekking tot onderrig en leer op die fakulteits- of departementele vlak te konsolideer en uit te brei.

Die Universiteitskapasiteitsontwikkelingstoekennings (“UCDG”) het verdere befondsing aangebied​ vir een onderriggenootskap vanaf Januarie 2021. Die genootskappe bied uitnemende dosente en vakkundiges in onderrig en leer die geleentheid om oor ’n volgehoue tydperk (een tot drie jaar), en met verskillende vorme van ondersteuning, op aspekte van kurrikulumvernuwing, die verkenning van onderrig en leer, en die verspreiding van goeie onderrig- en leerpraktyk in departemente en fakulteite te fokus.


​Doelwitte:

  • Om die statuur van onderrig en leer aan die Universiteit Stellenbosch te versterk
  • Om vir geselekteerde akademici 'n geleentheid te bied om hulle onderrigkundigheid te ontwikkel
  • Om die groei van die akademieskap van onderrig en leer aan die Universiteit te stimuleer
  • Om die geleentheid te bied vir 'n sistematiese, nougesette en reflektiewe benadering tot onderrig- en leer-innovasie aan die Universiteit.

'n Universiteit​genootskapskema het ten doel om prestige uit te druk en ondersteuning aan uitgesoekte akademici te verskaf om vir 'n vasgestelde tydperk op onderrig en die akademieskap van onderrig te fokus. Die skema maak voorsiening vir 'n minimum van een toekenning per jaar om op onderrig en die akademieskap van onderrig te fokus. Die individu sal in sy of haar departement aanbly, maar sal fokus op aspekte van onderrig en leer wat sy of haar onderrig sal versterk en tot die ontwikkeling van die akademieskap van onderrig en leer in die departement en fakulteit sal bydra. Die Sentrum vir Onderrig en Leer administreer die projek.

Vir meer inligting oor die ​US Onderriggenote, klik hier​.​​


Ons is baie trots op die onderriggenote van die Universiteit Stellenbosch:

*Indien die ​​onderstaande inligting onvolledig is, kontak ons asseblief.​


final pg 1 - Afrik.png

final pg 2 - Afrik.pngfinal pg 3 - Afrik.png

​​

Navrae