Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch
assessering banner afr.png

​​​​​​​​​​​​​

Die assesseringskortkursus bied deelnemers die geleentheid om assesseringspraktyke, en –konsepte met kollegas te bespreek. Belangrike assesseringstemas soos die verskillende doeleindes van assessering, konstruktiewe belyning, terugvoer, eweknie- en selfassessering, en meer, kom aan bod. Deur aktiewe deelname sal daar van jou verwag word om krities te reflekteer op jou eie assesseringspraktyke en om assesserings te ontwerp wat studenteleer bevorder.

US-personeel wat betrokke is by die assessering van leer kan deur hulle fakulteit genomineer word om aan hierdie gratis kursus deel te neem. Die kursus loop twee maal ’n jaar en deelnemers kan kies om vir die 1ste of 2de semester te registreer.


Aanbod:

  • NQF-vlak 8; vyf krediete en 50 leerure.
  • Die kortkursus word twee maal per jaar, in die eerste en tweede semester, aangebied.


Modus:

  • Gemengdeleer.
  • Drie kontaksessies, aangesig-tot-aangesig.
  • Aanlynleer en -samewerkingsgeleenthede.
  • Asinchrone, selfgereguleerde leer.


Datums van kontaksessies: ​

1e Semester2e Semester
6 Februarie 2024
7 Februarie 2024
30 Mei 2024
4 Junie 2024
5 Junie 2024
29 Oktober 2024


Uiteensetting:

Die kursus is ontwerp om in pas te wees met die hersiene Assesseringsbeleid (2021), en assessering te ondersteun wat studenteleer bevorder. Die kortkursus lyk soos volg:




Course Overview_18 Julie 2022.png


Navrae