Centre for Academic Planning and Quality Assurance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum hoof: Direkteur

André Müller

aemuller@sun.ac.za
+27 21 808 3961

Kan gekontak word vir:

Hou toesig oor die werksaamhede van die Sentrum en skakel met interne en eksterne vennote en belanghebbendes.

Adviseur: Programhersiening en -vernuwing

Dr Marianne Bester

besterma@sun.ac.za
+27 21 808 3656

Kan gekontak word vir:

Adviseer programleiers en fakulteite oor die hersiening, herontwerp en vernuwing van bestaande programme en modules in samewerking met ander interne rolspelers. Staan fakulteite by met programvernuwingsprojekte wat deur die nasionale Universiteitsvermoëboutoelaag gefinansier word.

Adviseur: Akademiese Beplanning
PAK Sekretariaat

Melissa van der Vyver

melissavdv@sun.ac.za
+27 21 808 3966

Kan gekontak word vir:

Adviseer programleiers en fakulteite oor kurrikulumontwerp van nuwe akademiese programme, en skakel met eksterne hoëronderwysliggame (Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, Raad op Hoër Onderwys, en Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid) vir doeleindes van programakkreditasie en -registrasie. Kan vir enige navrae oor PAK-sake of Jaarboekwysigings gekontak word.

Adviseur: Gehalteversekering

Allison Mlitwa

amlitwa@sun.ac.za
+27 21 808 9073

Kan gekontak word vir:

Lei en ondersteun akademiese departemente en professionele administratiewe steundienste- (PASD-) omgewings deur die institusionele prosesse vir gehalteversekering en -verbetering, help met die samestelling van bewysportefeuljes vir ewekniebeoordelings, en hersien en bied terugvoer oor selfevalueringsverslae en verbeteringsplanne.

Gehalteversekerings Beampte
Gehaltekomiteesekretariaat

Merrewyn Feucht

merrewyn@sun.ac.za
+27 21 808 2714

Kan gekontak word vir:

Ondersteun die missies van die Sentrum en die Afdeling deur met fakulteite, departemente, verantwoordelikheidsentrums en PASD-afdelings saam te werk om ’n strategiese en volhoubare benadering tot gehalteverbetering en programvernuwing te ontwikkel en die US se gehalteversekeringstelsel te bestuur en te koördineer.

Administratiewe Beampte

Christine Francke

cpfrancke@sun.ac.za
+27 21 808 9027

Kan gekontak word vir:

Bied administratiewe, kantoor- en batebestuursondersteuning aan die Sentrum. Eerste kontakpunt om kliënte na die regte persoon te verwys.​​

​​​​​​​​​​