Centre for Academic Planning and Quality Assurance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​Die Universiteit Stellenbosch Gehaltebestuurstelsel ​

Ons gehaltebestuurstelsel maak voorsiening vir die gereelde evaluering van akademiese departemente en professionele akademiese steundienste volgens 'n vaste siklus vir gehalteversekering en -bevordering​​. Ons Gehalteversekering- en bevorderingsbeleid is belyn met die Raad op Hoër Onderwys (RHO) se Raamwerk vir Institusionele Gehaltebeoordelings.

​Ons Universiteit se Evalueringstelsel bestaan uit die departementele selfevaluering, ewekniebeoordeling ​​​en die tweejaaropvolg.​​​​​

​​​​
Self-eval.png 

​Die bevindings van die self- en ewekniebeoordeling​​​s en sleutelaksies vir verbetering word aan ons Gehaltekomitee gerapporteer. Ons Gehaltekomitee is 'n subkomitee van ons Uitvoerende Komitee van die Senaat. Ons Gehaltekomitee​​​ adviseer ons Uitvoerende Komitee van die Senaat oor die bestuur en monitering van al ons institusionele gehalteversekering en verbeteringsaktiwiteite.

 Universiteit Stellenbosch Gehalte-Kalender​ 

​​2025
​​ Gehaltekomitee-datums

Agenda sluit
Komiteevergadering
1 April
25 April, 12:30 – 16:30
29 April
23 Mei, 09:00 – 13:00
15 Augustus​
 5 September, 09:00 – 13:00​
18 September
​​10 Oktober, 9:00 – 13:00