Die werksaamhede van die Universiteit word gerig deur die Wet op Hoër Onderwys (Wet 101 van 1997) en die Statuut van die Universiteit Stellenbosch (US) (2019). Die Statuut omskryf die rol van die Universiteit se ampsdraers, statutêre liggame en institusionele bestuurstrukture.
Ampsdraers
Die Kanselier is die seremoniële of titulêre hoof van die Universiteit. Die Rektor, wat die hoof-uitvoerende beampte van die Universiteit is, is ook die Visekanselier. Die viserektore en die Registrateur is ook ampsdraers. Die Kanselier, die Visekanselier en viserektore kan grade toeken.
Bestuurstrukture
Die Rektoraat is verantwoordelik vir die dag-tot-dag operasionele bestuur van die Universiteit. Die Rektoraat bestaan wesenlik uit die Rektor, Bedryfshoof en viserektore, wat verantwoordelik is vir die kernfunksies van die instelling. Die viserektore is onderskeidelik verantwoordelik vir Leer en Onderrig; Navorsing, Innovasieen Nagraadse Studies; Sosiale Impak, Transformasie en Personeel; asook Strategie, Globale en Korporatiewe Sake. Die Registrateur sien toe dat die akademiese administrasie van die Universiteit vlot verloop. Die Rektor kan volgens behoefte senior personeel benoem om die vergaderings van die Rektoraat by te woon en die werksaamhede van die Rektoraat te ondersteun. Die Algemene Bestuurdersvergadering (ABV) bestaan uit die lede van die Rektoraat, die dekane van die tien fakulteite, die Registrateur asook hoof- en senior direkteure van die onderskeie steundiensafdelings. Sake van akademiese en administratiewe belang word deur die ABV bespreek en die lede vervul ook 'n adviserende rol vir die Rektoraat.
Prof Wim de Villiers (Rektor en Visekanselier)
Prof Deresh Ramjugernath (Viserektor: Leer en Onderrig)
Prof Sibusiso Moyo (Viserektor: Navorsing, Innovasie en Nagraadse Studies)
Prof Hester Klopper (Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake)
Prof Nico Koopman (Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel)
Prof Stan du Plessis (Uitvoerende Bedryfshoof)
Mr Mohamed Shaikh (Uitvoerende Bestuurder: Rektoraat)
Dr Ronel Retief (Registrateur)
Dekane
Prof Anthony Leysens (Lettere en Sosiale Wetenskappe)
Prof Danie Brink (AgriWetenskappe)
Prof Ingrid Woolard (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe)
Prof Elmi Muller (Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe)
Prof Louise Warnich (Natuurwetenskappe)
Prof Mbulungeni Madiba (Opvoedkunde)
Prof Nicola Smit (Regsgeleerdheid)
Prof Reggie Nel (Teologie)
Prof Samuel Tshehla (Krygskunde)
Prof Wikus van Niekerk (Ingenieurswese)
Hoofdirekteure
Me Anita Nel (Innovasie en Besigheidsontwikkeling)
Me Ilhaam Groenewald (Sport)
Mnr Manie Lombard (Finansies)
Me Nicolette van den Eijkel (Fasiliteitsbestuur)
Mnr Victor Mothobi (Menslike Hulpbronne)
Dr Denisha Jairam-Owthar (Informasietegnologie)
Senior Direkteure
Dr Antoinette van der Merwe (Leer- en Onderrigverryking)
Dr Barbara Pool (Strategiese Inisiatiewe)
Dr Choice Makhetha (Studentesake)
Me Christelle Feyt
(Korporatiewe Kommunikasie en Bemarking)
Mnr Eben Mouton (Besigheidsbestuur: FGGW)
Me Ellen Tise (Biblioteek- en Inligtingsdiens)
Mnr Gerhard Lipp (Regsdienste)
Adv Hein Swanepoel (SunKom (Kommersiële Dienste))
Prof Ian Cloete (Inligtingsoorsigbestuur (IOB))
Me Karen Bruns (Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge)
Dr Leslie Van Rooi (Sosiale Impak en Transformasie)
Dr Pierre Viviers (Kampusgesondheid)
Mnr Robert Kotzé (US Internasionaal)
Dr Therina Theron (Navorsing en Innovasie)