Wim de Villiers
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​​​Prof Wim de Villiers

Visekanselier​ & Rektor​ 




Die Universiteit Stellenbosch (US) is ʼn gevestigde instelling wat uitstekend vaar in al drie ons kernaktiwiteite – navorsing, leer en onderrig, asook gemeenskapsinteraksie. Hier word betroubare en bruikbare kennis geproduseer, menslike potensiaal ontwikkel, en betekenisvolle vennootskappe met die res van die samelewing gesmee. Dít alles maak van die US ʼn juweel in die kroon van die hoër onderwys in Suid-Afrika.

Ten einde hierdie vlak van prestasie te handhaaf, streef die US ʼn inspirerende visie na – om Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend erken word, en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.

Universiteite wêreldwyd word deur vername uitdagings in die gesig gestaar, en die US is geen uitsondering nie. Hoe bly ons relevant te midde van snelle verandering? Hoe benut ons nuwe tegnologie sonder om akademiese uitmuntendheid in te boet. Hoe berei ons ons studente voor op sukses in ʼn onsekere toekoms? Hoe verseker ons ons voortbestaan in knellende ekonomiese omstandighede?

Ons moet vernuwend te werk gaan en soepelheid aan die dag lê om nie net te oorleef nie, maar te floreer. Volgehoue transformasie het noodsaaklik geword vir enige universiteit wat sy sout werd is en volhoubaar wil wees.

Meer as honderd jaar ná ons amptelike totstandkoming in 1918, is die US nogmaals op ʼn opwindende reis die toekoms in. Ons is goed geplaas om ʼn belangrike ontmoetingspunt tussen Afrika en die res van die wêreld te wees. Dít het ons aan die visionêre leierskap en onbaatsugtige toegewydheid van ons voorgangers te danke. Nou beweeg ons vasberade saam vorentoe.

Wim de Villiers

Kontak

Maretha Joyce
Persoonlike Assistent

Tel: +27 (0)​ 21 808 4490
E-pos: vc@sun.ac.za

Uitvoerende Bestuurder: Rektoraat

Mohamed Shaik

Chriszelda Adendorff
Persoonlike Assistent



 

 
move for food.jpg

​​​