Operations and Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​Prof Stan du Plessis
Bedryfshoof

​​​​Bedryf en finansies lewer 'n wêreldklasomgewing; 'n plek wat m​et die wêreld verbind is

​​Die Universiteit Stellenbosch (US) is een van die wêreld se top instansies wat leer, onderrig en navorsing met ‘n groot sosiale impak lewer. Hierdie akademiese prestasies vind plaas op die Universiteit se vyf beeldskone kampusse, gekenmerk deur indrukwekkende infrastruktuur, omgewingsvriendelike bedryfspraktyke, volhoubare finansiële beplanning, die voorste tegnologiese en kommunikasiestelsels, as ook uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.  

​Bedryfsuitnemendheid is die leiende tema vir die Verantwoordelikheidsentrum (VS) van Bedryf en Finansies en is verbind daartoe om Stellenbosch Universiteit se strategie te verwesenlik. Ons volg ‘n denkpatroon van voortdurende verbetering wat ons nog meer bewus maak en laat fokus op nuwe geleentehede om tekortkominge in ons uitgebreide aktiwiteitsportfolio die hoof te bied.​

Die VS, bestaande uit Finansies, Fasiliteitsbestuur, Informasietegnologie, Innovus en Maties Sport, se fokus is die meedoënlose strewe na doeltreffendheid aan die een kant en die kweek van ‘n entrepreneurskap-kul-
t​​​​​uur en verbetering aan die ander kant. 

Ons hooftaak is om ‘n wêreldklasomgewing te lewer; ‘n plek wat aan die wêreld verbind is. Ons wil hierdie strategiese strewe bereik met ‘n goed-toegeruste personeelkorps, deur goeie bstuur en deur doeltreffende netwerke en vennoootskappe in stand te hou. 

 ​​​​Lees meer​...​
​​​

​​
Prof Stan du Plessis
  

Kontak

Me Mariëtte Hanekom
Persoonlike Assistent: Bedryfshoof