Business Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Besigheidsbestuur

​​​​​​​​​​​​​​​

​Besigheidsbestuur is daarvoor verantwoordelik om die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) doeltreffend te bedryf, ooreenkomstig algemene ondernemingsbestuursbeginsels. Ons moet verseker dat doeltreffende strategiese en operasionele dienste aan FGGW-personeel en ‑studente sowel as ander kliënte gelewer word, en ons bereik dit deur die omgewings vir funksionele ondersteuning te koördineer en deur diensvlakooreenkomste te bestuur. Ons funksioneer binne die raamwerk van Universiteitsbeleide en -prosedures. Die Afdeling Besigheidsbestuur is daarvoor verantwoordelik om, in oorlegpleging met die hoofde en personeel van die US sentrale steundienste, die gehalte van steundienste aan en binne die Fakulteit voortdurend te verbeter. 

Ons missie is om uitnemend te wees deur eersteklas-, flink diens aan die Fakulteit te lewer. Dit sluit in dat ons betrekkinge op integriteit gebou is en dat ons sterk daarop ingestel bly om aan ons kliënte insig in die Universiteit se prosesse en reëls te gee. 

Ten einde hierdie missie te vervul, ondersteun ons alle departemente en afdelings aan die Fakulteit om te verseker dat voorgenome bedrywighede en hulpbronvereistes van gesonde sakeoordeel getuig en die oorhoofse doelstellings en missie van die Fakulteit en Universiteit ondersteun. Met hierdie doel voor oë werk ons personeel ten nouste saam met alle omgewings binne die Fakulteit en die breër Universiteit. 

Mnr ESA Mouton staan aan die hoof van die Afdeling Besigheidsbestuur.


Eben Mouton​​​

Senior Direkteur: Besigheidsbestuur

Eben Mouton

+27 21 ​938 9437

​​​Stuur e-pos

Oorkoepelende verantwoordelikheid: om deur middel van vernuwende, toekomsgerigte ondersteuningsmeganismes ’n FGGW op te bou wat operasioneel en finansieel volhoubaar is​​

​​

Die onderstaande kantore is binne die Afdeling Besigheidsbestuur gesetel:​​