Clinical Services and Social Impact
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Kliniese Dienste en Sosiale Imp​​ak 

INLEIDING 

Die portefeulje van Kliniese Dienste en Sosiale Impak ondersteun die Fakulteit Geneeskunde en  Gesondheidswetenskappe (FGGW) se strategiese plan om transformerende lewenslange onderrig te fasiliteer; en om kennis te skep en te deel wat gesondheid en gesondheidsregverdigheid bevorder, asook om waarde te skep binne die gemeenskappe wat ons dien.

Die FGGW is in vennootskap met die openbare gesondheidsektor (die Wes-Kaapse regering: gesondheid, die Noord-Kaapse department van gesondheid en die Nasionale Gesondsheidslaboratoriumdienste om die opleiding van professionele gesondheidspersoneel te ondersteun; spesifiek diegene wie bronne bestuur om universele toegang tot gesondheidsorg te verseker.

Die doel van hierdie vennootskappe is om gesondheidsorg te verbeter deur die onderrig en opleiding van gesondheidswerkers, sowel as om 'n gunstige omgewing te skep vir die bevordering van gesondheidsnavorsing. Die vise-dekaan: Kliniese dienste en Sosiale Impak van die FGGW verseker 'n positiewe omgewing vir voorgraadse én nagraadse opleiding. Dit sluit in om studente op te lei in landelike gebiede, en ander plekke waar 'n tekort is aan gesondheidsdienste. Hulle werk nou saam met gesondheidswerkers, burgerlike verenigings, die basiese onderwysdepartement, en die breë gemeenskap.

Die sosiale-impakstrategie word onderskraag deur die FGGW se navorsing, asook onderrig en leermetodes. Deur wêreldklasnavorsing en innovering skep, deel en herlei die FGGW kennis om gesondheid en gesondheidsregverdigheid versterk. Die oplei van bekwame, selfversekerde gegradueerdes dra daartoe by dat gemeenskappe se gesondheidstatus verbeter en tot 'n produktiewe samelewing bydra.

 

DIE BESTUUR VAN SOSIALE IMPAK 

Die Sosiale-impakkomitee van die Senaat is byeengebring deur die Sosiale-impakstrategieplan van Stellenbosch Universiteit. Die komitee is verantwoordelik vir die bestuur en implementering van sosiale impak (SI). Die FGGW roep 'n komitee in die lewe om SI-strategieë, -doelwitte, en -waardes binne die fakulteit te bestuur. Aan die hoof van die komitee is die vise-dekaan verantwoordelik vir sosiale impak en bestaan uit lede van die departement benoem deur die departement, of genooi deur die komitee. 'n Verteenwoordiger van die voorgraadse studenteraad dien ook op die komitee, asook 'n verteenwoordiger van die nagraadse Tygerberg-kampusstudenteraad. ​

​​​​​​​​​​​​​

REGISTRASIE VAN ’N SOSIALE-IMPAKPROJEK

Om enige sosiale-impakprojek te registreer of bestuur, kontak:
Ms Stacey Blows
blowssd@sun.ac.za​ 

Kliek hier vir inisiatiewe >