Clinical Anatomy
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kliniese Anatomie

​​Anatomie is van die oudste en mees basies van mediese dissiplines en dateer sover terug as die era van Aristotoles en Soccrates. Daarbenewens bly die dissekteer van mensweefsel vir opleidingsdoeleindes opspraakwekkend. Die gebruik van mensweefsel val onder die wettige en statutêre vereistes van die Nasionale Gesondheidswet van 2003 en as sulks word die proses uiters streng beheer.

Die JF van E Kirsten Museum vir Menslike Anatomie is omskep in 'n Museum vir Mediese Morfologiese Wetenskappe ('n eerste in Afrika) waar uitstallings monsters in anatomie, patologie, antropologie, vergelykende vertebrate anatomie, mediese geskiedenis, ortopedie, histologie, forensiese wetenskap, parasitologie en paleontolgie uitgestal word.