Centre for Infectious Diseases
Welkom by Universiteit Stellenbosch

 

Navorsing

 

Strategie: Multidissiplinêre, interinstansie- (nasionaal en internasionaal) navorsingsprojekte in die veld van infeksies en infeksiesiektes deur meetbare bydraes tot sowel die nasionale as die internasionale kennisliggaam en tot die verbetering van die gesondheidstatus van die mense van Suid-Afrika.


Interdissiplinêre navorsing in die veld van infeksiesiektes bied beduidende geleenthede en het die potensiaal om 'n impak op die gesondheid van ons gemeenskappe te hê. Die uitdagings en geleenthede wat deur die huidige impak van infeksiesiektes gebied word, eis die daadwerklike inspanning van dissiplines soos Geneeskunde, Pediatriese Geneeskunde, Mikrobiologie, Virologie, Gedragswetenskappe en Openbare Gesondheid. Die Infeksiesiektes Sentrum is van voornemens om die Fakulteit Gesondheidswetenskappe in staat te stel om aanmerklik tot nuwe kennis wat met infeksiesiektes verband hou, by te dra.

Die sentrum se multidissiplinêre, nasionale en internasionale interinstansie-navorsingsprojekte in die veld van infeksies en infeksiesiektes lewer meetbare bydraes tot sowel die nasionale as die internasionale kennisliggaam en tot die verbetering van die gesondheidstatus van die mense van Suid-Afrika.

Vanuit 'n Suid-Afrikaanse gesondheidsperspektief fokus die sentrum se navorsingsagenda op die volgende strategiese areas:

  • Die beskrywing van die omvang, erns en epidemiologie van infeksiesiektes in ons gemeenskappe.
  • Die optimalisering van die voorkoming, diagnose en behandeling van infeksiesiektes in ons gemeenskappe.
  • Die aanbieding van intervensieprogramme in infeksiesiektes en die evaluering van hierdie programme rakende implementering en uitkomste.
  • Ondersoek en intervensie in infeksievoorkoming en -beheer in gesondheidsorgfasiliteite nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in ander Afrikalande.

Die navorsingsprogramme van die sentrum bou en streef daadwerklik na professionele verhoudings met sleutelrolspelers in Suid-Afrika in hierdie area. Doeltreffende netwerke en produktiewe vennootskappe is die hoekstene in die bereiking van die sentrum se doelwitte.

NAVORSINGSFOKUSAREAS GESONDHEIDSPROBLEEM HUIDIGE STATUS VAN NAVORSING
Siektes met 'n hoë voorkomssyfer in ons gemeenskap Tuberkulose
MIV
Sien navorsingsagendas van KIDCRU, Mediese Mikrobiologie en Virologie aangeheg (Addendum 3, 4, 5)
Omgewingsgesondheid Omgewingsbesoedeling in ons gemeenskappe, veral besoedeling van ons riviere met ontlasting weens swak sanitasie Sien navorsingsagenda van Mediese Mikrobiologie aangeheg
Medisyne en medisynestudies Observasie- en programevaluering van die bekendstelling van anti-retrovirale middels Sien navorsingsagendas van KIDCRU en Mediese Mikrobiologie aangeheg
Siektes deur bosluise oorgedra Epidemiologiese, kliniese en diagnostiese studies van die siektes in die Wes-Kaap wat deur bosluise oorgedra word Navorsingsvoorstelle vir 2006 geformuleer: navorsingsgroep oor siektes wat deur bosluise oorgedra word
Voorgenome kliniese toetse op nuwe medisyne en medisyne-strategieë Medisyne wat gebruik word en nuwe medisyne wat gebruik gaan word, veral vir tuberkulose en MIV Sien navorsingsagenda van KIDCRU aangeheg

 

ISS het die bykomende voordeel van nabye samewerking met en benutting van die ryk ervaring, kennis en vaardighede van die Desmond Tutu TB-sentrum, die DWT/NNS Sentrum van Uitnemendheid in Biomediese TB-navorsing, die MNR/Universiteit Stellenbosch Sentrum vir Molekulêre en Sellulêre Biologie en die kliniesetoets-groep vir pediatriese vigs. Ukwanda, nog 'n gevestigde en funksionele struktuur in die fakulteit, bied die sentrum unieke geleenthede om sy kernsake-aktiwiteite te verryk.

​​​​​​​​

Prent kan ongelukkig nie gewys word nie