Centre for Student Administration
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum vir Studente-administrasie

Finansieringsgeleenthede vir FGGW-studente

​​

DELL YOUN​G LEADERS

 

Wie kom in aanmerking?

Die Dell Young Leaders-program [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)] is daarop gemik om eerstegeslag-universiteitsgraduandi, wat finansieel behoeftig is, maar geeskragtigheid en leierskapspotensiaal demonstreer, te ondersteun. Om uitgenooi te word om vir die Dell Young Leaders-program aansoek te doen, moet jy ʼn Suid-Afrikaanse burger (of permanente inwoner), en in jou eerste studiejaar van ʼn beroeps- of in-aanvraag-graad met die fokus op ‘STEM’-vakke (wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde) wees. Jy moet ook op grond van die NSFAS-middeletoets vir finansiële hulp kwalifiseer. Ons nooi studente in die laagste gesinsinkomstegroep uit, om seker te maak dat ons die mees behoeftige studente ondersteun.

 

Hoe doen ek aansoek?

Kwalifiserende eerstejaarstudente wat finansiële hulp ontvang, word elke jaar uitgenooi om vir die Dell Young Leaders-program aansoek te doen. Uitnodigings word gedurende die eerste semester van hulle eerste jaar via die studente se universiteit-e-posadresse uitgestuur. Kandidate wat ʼn uitnodiging ontvang, moet dan ʼn aanlyn aansoek invul, en vir diegene wat die kortlys haal, volg daar ʼn kort onderhoudsproses wat ons in staat stel om meer oor hulle universiteits- en loopbaandoelwitte te leer, sodat ons kan bepaal of hulle vir die program geskik is.

 

Waar kan ek meer inligting kry?

As jy enige verdere vrae oor die Dell Young Leaders-program het, besoek gerus die webwerf hier [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)] of kontak die SUN Dell Young Leaders-span by apply.sun@dellyoungleaders.org.

MOSHAL-BEURSPROGRAM

Moshal-beurse dek klasgeld, behuising en handboeke, en voorsien ook ʼn leeftoelaag aan studente wat vir die duur van hulle universiteitstudies aan die kriteria voldoen.

 

Wie kom in aanmerking?

MBChB-studente met ʼn gesinsinkomstedrempel van R120 000 per annum voor aftrekkings en die volgende minimum akademiese uitslae: 65% vir Engels, Wiskunde, Fisiese Wetenskappe en/of Rekeningkunde, kwalifiseer.

 

Hoe en waar doen ek aansoek?

Doen aanlyn aansoek op die volgende webwerf: Moshal-beursprogram [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)]. Aansoeke open op 3 Julie 2022 en sluit op 30 September 2022.

 

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir meer inligting oor die beskikbare beurse en die vereistes om toegang tot die beursprogram te verkry, besoek asseblief die Moshal-beursprogram se webtuiste hier [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)].

NSFAS (NASIONALE FINANSIËLEHULPSKEMA VIR STUDENTE)

 

Wie kom in aanmerking?

Aansoekers met ʼn gekombineerde huishoudelike inkomste van nie meer as R350 000 per jaar nie.

 

Hoe en waar doen ek aansoek?

Registreer en doen aansoek op die NSFAS-portaal [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)]. NSFAS-aansoeke vir 2023 open op 1 September 2022 en sluit op 30 November 2022​.

 

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir meer inligting oor hoe die NSFAS-beursskema werk, besoek asseblief die NSFAS-webwerf hier [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)].

ALGEMENE BEURSGELEENTHEDE

Vir meer inligting oor geleenthede vir voorgraadse finansiering, besoek die US-webwerf of besoek die SA Beurse-webwerf [eksterne webwerf (slegs in Engels beskikbaar)] vir inligting oor mediese beurse in Suid-Afrika.

STANDARD BANK LENINGSKEMA

Dit is ʼn leningskema van Standard Bank. Hierdie lenings dek alle studieverwante uitgawes.

 

Wie kom in aanmerking?

MBChB-studente in hulle vyfde of sesde studiejaar, en studente in gesondheidswetenskappe en verpleegkunde in hulle finale jaar. Slegs kwalifiserende studente wat aan die kriteria voldoen, sal toegelaat word om vir die program aansoek te doen.

 

Hoe doen ek aansoek?

Besoek asseblief die beurskantoor: Kamer 1044, Kliniese Gebou.

 

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir meer inligting oor hoe hierdie lenings werk, raadpleeg asseblief die strooibiljet oor die FGGW-studenteleningsprogram hier​.​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​