Biomedical Research Institute
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Instituut vir Biomediese Navorsing (BMNI)​​​​


DIE IMPAK VAN ONS NAVORSING

Die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is in Kaapstad, Suid-Afrika – een van die mooiste plekke in die wêreld – geleë. Maar dit is ook een van die plekke met die hoogste voorkoms van nie net aansteeklikse siektes soos MIV en TB nie, maar ook van kommerwekkend stygende vlakke van nie-aanmeldbare siektes soos kardio-vaskulêre siektes, diabetes en kanker. Hierdie botsende epidemies is in wisselwerking met mekaar en het 'n nadelige uitwerking op lewensgehalte en op ekonomiese groei in Afrika. 

Wetenskaplikes by die fakulteit se BMNI doen navorsing wat lei tot deurbrake wat die diagnose, voorkoming en behandeling van hierdie siektes aanhelp. Ons navorsing fokus primêr op die viervoudige siektelas in Suid-Afrika; die vier groepe toestande wat die meeste siektes en sterftes in Suid-Afrika veroorsaak, naamlik: (1) MIV/vigs, tuberkulose en seksueel-oordraagbare siektes; (2) moeder- en kindergesondheid; (3) nie-aanmeldbare siektes (kardiovaskulêre siektes, diabetes, kanker, chroniese respiratoriese siektes); en (4) geweld, beserings en trauma. 

Wetenskaplikes van die BMNI het byvoorbeeld biomerkers vir tuberkulose ontwikkel wat kliniese voorspellings kan maak lank voordat die kliniese uitkoms bereik word, en ander het nuwe hoogtes bereik met navorsign oor kardiovaskulêre fisiologie. Ons navorsers is ook befaam daarvoor dat hulle die eerste was wat die Beta-variant van Covid-19 laat in 2020 opgespoor het. 

Ons strewe na uitmuntendheid om aan die voorpunt van ons gekose fokusgebiede te bly, aansien te verwerf op grond van ons navorsingsuitsette, en ondernemend, innoverend en selfvernuwend te wees. Ons navorsingsbedrywighede is nie net op akademiese sukses gemik nie, maar ook daarop om 'n beduidende impak op die wêreld te maak. 

Die totstandkoming van die Instituut vir Biomediese Navorsing (BMNI)​ resoneer met ons doelwit om globaal erken te word vir ons uitmuntendheid met innovasie en om kennis te bevorder in diens van die samelewing.​​

​​​​​​​​​