Registrasie
Alhoewel die waarde van aangesig‑tot‑aangesig‑interaksie nooit onderskat kan word nie, is die toevoeging van virtuele toeganklikheid tot 'n geleentheid dikwels noodsaaklik.
Die virtuele program kan op slimfone, skootrekenaars, tafelrekenaars en soortgelyke toestelle gebruik word. Elke aanbiedingsformaat, van die programredes tot die plakkate, is op verskillende maniere interaktief. Sommige sessies word regstreeks aangebied, terwyl ander vooraf gelaai word.
Ons sal die tyd vir regstreekse inhoud tot ongeveer vier uur per dag beperk, met inagneming van wisselende Wi‑Fi‑toegang en aflaaispoed.
KLIK HIER om voor 13 Augustus 2021 vir die tweede aanlyn AJD byeenkoms te registreer en vir voortgesette professionele ontwikkelingspunte (VPO’s) in aanmerking te kom.
VPO-punte word toegeken vir
bywoning per sessie. Maak dus seker u meld aan vir al die sessies waarin u belangstel!
'n WhatsApp‑hulplyn is beskikbaar vir diegene wat moontlik probleme met die aanmeldproses kan hê. Maak seker u beskik oor 'n bandwydte van minstens 5 MBps om die virtuele konferensie te kan volg.
Komplimentêre registrasie sluit in:
- krediete vir voortgesette onderwys; en
- wagwoord beskermde toegang tot alle mondelinge konferensiesessies.
'n Bevestigingsbrief word minstens twee weke voor die aanvang van die AJD 2021 aan geregistreerde afgevaardigdes gestuur.
VPO AKKREDITASIE
Die Universiteit Stellenbosch vra die VPO-punte aan.
VPO‑monitering word aanlyn bestuur namate u vir elke sessie aanmeld. Maak asseblief seker dat u nie later nie as vyf minute ná die aanvang van 'n sessie aanmeld. Punte word toegeken vir bywoning per sessie.
VPO‑sertifikate word aan alle geregistreerde deelnemers uitgereik volgens die e‑posadres wat gebruik is om vir die AJD 2021 te registreer.