AAD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

65ste AKADEMIESE JAARDAG

18 - 19 AUGUSTUS 2021 (middae alleen)

​​​​​​​​​​​​​​​​​​Abstrakte ​​​​

Bied asseblief u uitmuntende navorsing as plakkaataanbiedings in pas met die volgende ag bane aan:

  1. ​Aansteeklike siektes
  2. Nie oordraagbare siektes
  3. Geestesgesondheid en neurowetenskappe
  4. Geweld, beserings, trauma en rehabilitasie
  5. Moeder  en kindergesondheid
  6. Versterking van gesondheidstelsels
  7. Primêre gesondheidsorg
  8. Peri operatiewe wetenskappe​

                 Die sluitingsdatum vir die voorlegging van die opsommings is 30 Julie 2021

                Let daarop dat, soos in die verlede, geen opsomming sonder etiese goedkeuring aanvaar word nie, dus moet u vooraf etiese goedkeuring verseker.


                KLIK HIER om ’n opsomming voor te lê.

                Die beplanning vir die AJD 2021 is op dreef en ons is opgewonde om vanjaar die tweede virtuele AJD aan te bied.

                Hiermee 'n paar wenke vir die voorbereiding van effektiewe plakkate.

                Wenke vir die voorbereiding van effektiewe plakkate

                Plakkate moet aantreklik en treffend wees en nie met onnodige inligting oorlaai wees nie. Die sleutelboodskappe moet goed gekommunikeer word. Kleur en verskillende stylsoorte moet oordeelkundig gebruik word sonder om afbreuk aan die inhoud te doen.

                • Inhoud: Plakkate moet 'n logiese volgorde hê en ook vir niekundiges in die veld sinvol wees, terwyl afkortings met die eerste gebruik verduidelik moet word.
                • Titel: Die titel moet duidelik wees.
                • Teks: Die teks moet aantreklik uitgelê word, met 'n verskeidenheid lettergroottes. Oorweeg dit om kollyste te gebruik waar gepas. Grafiese voorstelling is verkieslik bo groot hoeveelhede teks.
                • Figure en foto's: Dit moet van 'n goeie gehalte wees. Figure en tabelle moet opskrifte hê wat voldoende verduidelikings bied.

                Deelnemers kan vanaf 11 Augustus 2021 al die plakkate op die virtuele platform besigtig en kry die geleentheid om vrae op die virtuele platform te stel. Hulle kan ook via epos direk met die plakkaataanbieders kontak maak.​