​​ ​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​work-top.jpg

Ons Werk​​

Die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie se werk sluit ’n wye verskeidenheid kommunikasieplatforms in, van gedrukte en digitale publikasies tot webtuistes en geleenthede.​

Inhoudsnaaf​​

Die Inhoudsnaaf vervaardig media-inhoud in die vorm van artikels, foto’s en video’s vir alle interne en eksterne kommunikasieplatforms van die Universiteit Stellenbosch. Dit berig oor baanbrekernavorsing, institusionele nuus, innovasie en kampusgeleenthede. Klik hier vir die jongste US-nuus: 
Lees die jongse SU-nuus

Mediaskakeling​

Die Universiteit Stellenbosch skakel en handhaaf verhoudings met ’n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse en internasionale media. Die Mediaskakelkantoor is ’n sentrale punt vir medianavrae, deskundige menings, fotoversoeke, mediamonitering en die verspreiding van mediaverklarings en artikels oor toonaangewende navorsing, innovasie, suksesse en geleenthede. 
​​​Lees Meer
​​

Sosiale Media

Die Universiteit Stellenbosch is aktief op verskeie sosialemediaplatforms en gebruik dié platforms om met verskeie gehore te skakel, waaronder alumni en huidige en voornemende studente.
Volg ons:
facebook.jpgtwitter.jpginstagram.jpgyoutube.jpglinkedin.jpg SU Tik tok.jpg

Webtuiste 

Die korporatiewe webtuiste van die Universiteit Stellenbosch is die tuiste van alle inligting oor die Universiteit, onder meer studie​​programme, fakulteite, departemente en afdelings. Die webtuiste is ook ’n nuusplatform, waar die jongste nuus oor die US daagliks verskyn. 
Gaan na www.sun.ac.za

Interne kommunikasie

Kommunikasie met die Universiteit Stellenbosch se interne belanghebbendes – personeellede en studente – geskied deur verskeie elektroniese nuusbriewe en ’n aanlyn tydskrif. Hierdie publikasies is bedoel om die Universiteit se personeellede en studente in te lig en betrokke te hou. Daarbenewens is die portefeulje interne kommunikasie verantwoordelik vir die strategiese beplanning van temas, inhoud en boodskappe wat op verskeie interne kommunikasieplatforms gebruik word, en waarvan die uitkomste die geïntegreerde kommunikasiestrategie ondersteun.
info@SU
news@SU

Publikasies

Die Afdeling Korporatiewe Kommunikasie vervaardig gedrukte publikasies met die oog op eksterne belanghebbendes, waaronder alumni, die Stellenbosse gemeenskap, navorsingsvennote en die regering. Hierdie publikasies sluit die Universiteit se jaarverslag, die alumnitydskrif Matieland, ’n profiel- en kitsfeitebrosjure sowel as ’n verskeidenheid spesiale publikasies in. ​
R​ead More

Belanghebbende-verhoudings

Die Departement Belanghebbendeverhoudings konsentreer daarop om sterk verhoudings sowel binne as buite die Universiteit te bou en leiding te bied oor hoe om steun vir die instelling se programme en inisiatiewe uit te brei. Dít word gedoen deur met vennote oor die hele kampus saam te werk om die Universiteit met die algemene publiek sowel as spesifieke belanghebbendes in aanraking te bring. Ons koördineer alle institusionele geleenthede en bied leiding oor protokolkwessies.

Handelsmerk- en Korporatiewe Identiteit 

Die Departement Handelsmerk- en Korporatiewe Identiteit bestuur handelsmerkidentiteit deur riglyne, protokolle en steunmeganismes aan die Universiteit se personeellede, studente en eksterne diensverskaffers te voorsien. Hierdie steunmeganismes sluit deelnemende platforms soos die US se handelsmerknawe en die gereedskapkis vir die Eeufees-handelsmerkidentiteit in om handelsmerkvoldoening te verbeter. ​ ​

Die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies promoveer die akademiese en studentelewe wat die Universiteit Stellenbosch bied deur skoolbesoeke, uitstallings en advies- en voorligtingsdienste.​​

Adviseurs 

’n Span adviseurs werk nou saam met opvoeders, skoolhoofde, die regering en voogde om te verseker hulle het die regte inligting om voornemende studente in hul besluitneming oor hul loopbaan te ondersteun. Ons doel is om deur ons wye reeks gefokusde dienste te verseker dat die Universiteit Stellenbosch voornemende studente se eerste keuse as tersiêre inrigting is​



Projek Bestuur

Die Sentrum is ook verantwoordelik vir ’n wye reeks strategiese aktiwiteite wat daarop gemik is om voornemende studente met die korrekte inligting toe te rus ten einde ingeligte keuses oor hul akademiese loopbaan te maak. Dit sluit in:
  • Die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse Opedag, ’n institusionele studentewerwingsgeleentheid wat aan die Universiteit ’n platform bied om homself as voornemende studente se tersiêre instelling van keuse te posisioneer.
  • ​Die Rektor se skakeling met skoolhoofde
  • Maties 101, ’n geleentheid wat in samewerking met die fakulteite gehou word en wat aan voorlopig-toegelate studente ’n inleiding tot die Universiteit bied, asook wenke oor hoe om die oorgang na die universiteitslewe te hanteer.
  • ’n Reeks webinare oor onderwerpe wat strek van vakkeuses tot hoe om die aansoekproses beter te verstaan. ​

Bemarking en Media

​Die webwerf www.maties.com verskaf 'n wye verskeidenheid inligting oor die Universiteit, die aansoekproses, finansiële bystand, verblyf en gelde aan voornemende studente. 'n Toelatingsbrosjure vir voornemende studente word ook elke jaar uitgegee. ​.