about-top.jpg

​Meer Oor Ons​​

Ons werksaamhede draai om drie kommunikasiefokusgebiede: om die Universiteit se handelsmerk gunstig te posisioneer, om doeltreffende kommunikasieprogramme in werking te stel, en om belanghebbendeverhoudings optimaal te bestuur. Ons bly in aanraking met ons kliënte om te sorg dat ons produkte en dienste op uitgebreide samewerking en medeskepping berus. Met ons gespesialiseerde vaardighede en dienste op die gebied van kommunikasie, handelsmerke en belanghebbendeverhoudingsbestuur voeg ons waarde toe deur die Universiteit Stellenbosch se gunstige posisionering in die markplek te versterk.

Ons Visie​​

Ons streef daarna om ’n gewaardeerde strategiese vennoot by die Universiteit Stellenbosch te wees deur geïntegreerde kommunikasieprogramme en -prosesse te voorsien wat die verwesenliking van die institusionele visie fasiliteer en versnel.​

Ons Missie

Ons bied die Universiteit Stellenbosch ’n mededingende voorsprong deur die US-handelsmerk gunstig en strategies te posisioneer, doeltreffende kommunikasieprogramme in werking te stel en die bestuur van belanghebbendeverhoudings te optimaliseer sodat die Universiteit sy strewe van ’n inklusiewe, innoverende en toekomsgerigte instelling kan bereik.
​​

Ons Fokusgebiede​

Posisionering van die US-handelsmerk
Ons bied ons belanghebbendes ’n positiewe handelsmerkervaring wat met die US-visie strook.

Doeltreffende kommunikasieprogramme
Ons stel strategiese interne en eksterne kommunikasieprogramme in werking wat die instelling sy doelwitte help bereik.

Optimale bestuur van belanghebbendeverhoudings 
Ons verseker die optimale bestuur van die instelling se belanghebbendeverhoudings om die US se strategiese prioriteite en temas te ondersteun. ​