Data Science and Computational Thinking
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​Visie:

Ons visie is om 'n instelling van wêreldgehalte vir datawetenskap en rekenaardenke in en vir Afrika te wees. Hierdie visie is in pas met die Universiteit se visie om Afrika se voorste navorsingintensiewe universiteit te wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief en innoverend geag word, en waar ons kennis in diens van die samelewing bevorder.


Wie ons is en wat ons doen:

Die Skool is 'n nuwe entiteit by die Universiteit Stellenbosch, gevestig om transfakulteit-benaderings tot onderrig en navorsing in datawetenskap en rekenaardenke te fasiliteer. Buiten akademici van wêreldgehalte, huisves die Skool ook junior navorsers, PhD-studente en nadoktorale genote.

Te danke aan sy universiteitswye mandaat en multi-dissiplinêre span personaal en studente, kan die Skool tallose navorsingsagendas bevorder en verbind. In samewerking met vennote in die bedryf, kan die Skool die Universiteit se gemeenskapsimpak in datawetenskap en rekenaardenke vergroot en uitbrei.

Die Skool ontwikkel en bestuur kursusinhoud vir somer- en winterskole en ander opleidingsinisiatiewe buiten die gewone voorgraadse en nagraadse kurrikula.​


​Die Skool vir Datawetenskap en Rekenaardenke bevorder waardeskepping deur:​

Navorsing en ontwikkeling op die gebied van datawetenskap en rekenaardenke 

Die Skool bou en bestuur navorsingsvennootskappe en -alliansies vir datawetenskap en rekenaardenke met ander entiteite, sowel nasionaal as internasionaal. Dit betrek wetenskaplikes van wêreldgehalte en werk saam met 'n netwerk van nasionale en internasionale organisasies.

Onderrig en opleiding, samewerking en kapasiteitsbou in datawetenskap en rekenaardenke 

Die Skool fasiliteer en dra by tot die ontwikkeling van kurrikula en deel kundigheid in onderrig en opleiding in datawetenskap en rekenaardenke in al die fakulteite van die Universiteit Stellenbosch.

Spesialiskonsultasie, kommersialisering en gemeenskapsimpak toegespits op datawetenskap en rekenaardenke 

Die Skool het 'n impak op die breër samelewing deur raadgewende dienste te lewer aan fakulteite, departemente en afdelings van die Universiteit Stellenbosch sowel as kliënte buite die Universiteit.​