Archives
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Verwysing na Argivale Bronne

​​​​​

Die US Argief bewaar hoofsaaklik unieke, primêre bronne wat enig in hul soort is.  Die versamelings word dan ook selde op item-vlak gekatalogiseer.  Ten einde die bronne weer te vind, is dit dus belangrik dat goeie bronverwysings bygehou word. 

Kern-inligting wat aangeteken behoort te word, sluit in:

  • Titel en inligting rakende die item, insluitend die outeur, bladsynommer, seksie en datum waar van toepassing.  Soms moet die titel afgelei word van die item.
  • Versameling of rekordgroep waarvan die item deel vorm
  • Sub-versameling, reeks of sub-reeks waarvan die item deel vorm
  • Houer- en vouernaam of nommer
  • Bewaarplek waar die oorspronklike item gehou word.  In hierdie geval sal dit altyd wees:  US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

 

 Voorbeelde van Verwysings

Manuskripte

Formaat:  [item], [folder titel], [reeks titel (indien enige)], [versameling], [aanwins- of manuskripnommer], US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

Voorbeelde:

  1. Sekretariële brief van die Minister van Justisie, 25 Februarie 1941, Die Edelagbare Mr. H.S. van Zyl, Judge Presidents' Chambers, Hooggeregshof, Kaapstad.  US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch.
  2. Notule van die Uitvoerende Bestuursvergadering, 26 Julie 1940, (192.1.C.1), Universiteit van Stellenbosch.  Uitvoerende Komitee.  Notules (30 Maart 1936 – 7 November 1945) (SVR).  US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch.
  3. Notules van die Studente Verteenwoordigende Raad (SVR) vergaderings, 16 Junie 1937.  (6 April 1936 – 25 September 1941), "A.N.S. Mosie", (maak deel uit van Studenteraad dokumente).  US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch.

Foto's
Formaat:  [beskrywing van foto], [datum], [identifiserende nommer of naam], [versameling], US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch

Voorbeelde:
  1. Victoria College studente en personeel, c. 1909, 00682, Watson-Lockley, US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch
  2. Victoria College groep, 1954-14-04, Lockley_17257, Watson-Lockley, US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch
  3. Junior Dag, 1948, Edrich_00065, Edrich-fotoversameling, , US Argief, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch