Botanical Garden
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Vriende van die Botaniese Tuin

Oorweeg asseblief om die belangrike werk van die Botaniese Tuin te ondersteun deur 'n lid van die Vriende van die Botanies Tuin te word.

Vriende kry nie net gratis toegang tot die Botaniese Tuin nie maar word ook op hoogte gehou van gebeure. Die Vriende ondersteun ook die Botaniese Tuin deur vrywilligerswerk en fondsinsameling.  

U kan aansluit by die Vriende deur 'n lidmaatskapkaart te koop by die Botaniese Tuin winkel:

  • Algemene lede (R50)
    • 365 besoeke aan die Botaniese Tuin (Gaste onder begeleiding van Vriende kan toegang verkry – aftrekbaar van hul toegelate besoeke)
    • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies

  • Ondersteunerslede (R500)
    • Onbeperkte besoeke (Gaste onder begeleiding van Vriende kry gratis toegang)
    • Gratis parkering op publieke vakansiedae en naweke by die Ou Konservatorium
    • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies
    • Ontvang uitnodigings na alle spesiale funksies

  • Stigterslede (R5000 eenmalig)
    • Lewenslange lidmaatskap
    • Onbeperkte besoeke (Gaste onder begeleiding van Vriende kry gratis toegang)
    • Gratis parkering op publieke vakansiedae en anweke by die Ou Konservatorium
    • Ontvang uitnodigings na gebeure en praatjies
    • Ontvang uitnodigings na alle spesiale funksies

Gewone toegangsfooi is R10 per persoon (waarvan R5 terugbetaalbaar is met enige aankoop in die winkel of by die restaurant op dag van besoek).  Kontak subg@sun.ac.za vir meer inligting.