Botanical Garden
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Tematuine

​​​Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin is verdeel in verskeie tematuine, wat 'n bonsai-en, bolplant-bedding, waterleliedamme, rotstuine, varinghuis, tropiese-glashuis en ariede-glashuise insluit. Baie van die tematuine se oorsprong dateer terug na die stigting van die Botaniese Tuin en sommige word steeds gebruik deur universiteitstudente vir praktikums terwyl ander 'n pure estetiese doel dien.