Botanical Garden
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Geskiedenis

​​Die geskiedenis van die  Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin dateer terug na 1902 toe dosent Dr Augusta Vera Duthie plante langs die Hoofgebou gegroei het vir navorsing en studente praktikums. ​Deur die toedoen van die destydse professor in Plantkunde, Dr Gert C. Nel, is die huidige terrein vir die Botaniese Tuin beskikbaar gestel deur die Universiteitsraad in 1921. Gedurende 1922 het werk aan die Botaniese Tuin begin en in 1925 is Dr Hans Herre aangestel as ​kurator. In 1930 is Mnr Helmut Meyer aangestel as die eerste tuinboukundige. As gevolg van Dr Herre en Mnr Meyer se werk het die Tuin vinnig internasionale bekendheid verwerf. Verskeie spesies en genera is na hulle vernoem insluitend Meyerophytum meyeri, Herreanthus meyeri en Cyrtanthus herrei. Dr Herre het ook gesorg vir internationale opslae in 1949 toe die Welwitschia mirabilis plante wat hy van saad ontkiem het 23 jaar van te vore suksesvol gekeël en saad gevorm het, die eerste plante ooit in verbouing om dit te doen.

Vorige kurators van die US Botaniese Tuin sluit in Dr Hans Herre (1925-1962), Mr Wim Tijmens (1962–1999) en Mnr Deon Kotze (1999–2012).

Prof GC Nel.jpgHans Herre.jpgHelmut Meyer.jpg 

(L-R) Dr Augusta V. Duthie, Dr Gert C. Nel, Dr Hans Herre en Mnr Helmut Meyer

Botaniese Tuin plan 1928 2.jpgBotaniese Tuin 1930.jpg 

(L-R) Uitleg van die "bo-tuin" (die deel van die Botaniese Tuin aangrensend Neethlingstraat) in 1948; Die "bo-tuin" in 1930 met Harmonie en Monica koshuise in die agtergrond.


Die Botaniese Tuin se oorspronklike uitleg was geinspireer deur klassieke botaniese tuine gefokus op die opleiding van studente, soos die bekende botaniese tuin in Padua, Italië. Die enigste oorblyfsel van hierdie vroeë ontwerp kan vandag gesien word in die Botaniese Tuin se formele kruie-tuin. Sommige van die eerste plante wat aangeplant is in die Tuin kan vandag steeds gesien word, en al is dit buite die oorspronklike konteks, gee dit 'n interessante terugblik op die Tuin se oorspronklike funksies.

​​Waterlily dams.jpg

(L-R) Ariede-huis in 1965; Waterleliedamme (circa 1970)