Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Ander maniere om te skenk

​​

U kan op verskeie maniere finansieel betrokke raak: via 'n persoonlike skenking, 'n korporatiewe skenking, beurse, 'n internationale skenking of selfs 'n testament​ere skenking.

iStock_000020443026_Small.jpgPersoonlike Skenkings

Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. 'n Skenking kan ook 'in goedere' wees. Die belastingaftrekbare bedrag is tot en met 10% van belasbare inkomste. Ons gerieflike aanlynskenkingsplatform maak skenking veilig en vinnig. Jou skenking word deur GivenGain hanteer – 'n veilige betaalportaal om aanlynskenkings te verwerk.  Kliek hier om te skenk deur middel van ons aanlynvorm. As alternatief, maak 'n skenking vanuit die veiligheid van jou eie internetbankdiens deur 'n elektroniese oorplasing te doen. 

  • Vir meer inligting, skakel gerus +27 21 808 2941.

Beurse
Om die heel beste studentetalent te werf, het die Universiteit Stellenbosch meer geld nodig as die finansiering wat die regering beskikbaar stel. Die klasgeld, huisvesting en lewenskoste van die gemiddelde voorgraadse student beloop R115 000 per jaar (vir gemiddeld drie jaar). Die gemiddelde nagraadse student vereis weer minstens R95 000 per jaar op magistervlak, en selfs meer vir PhD- of nadoktorale studie. 
  • ​Skakel met Nicoline Coetzer by +27 21 808 9160 of e-pos: nicoline@sun.ac.za.
Internasionale skenkings
Skenkings kan direkte geldelike skenkings van enige bedrag in kontant, per tjek óf kredietkaart wees. In die Verenigde State van Amerika en die Verenigde Koninkryk is daar belastingvriendelike maniere om 'n skenking aan die US te maak. Die volle randwaarde van 'n testamentêre  skenking kan ook afgetrek word om netto boedelbelasting te verlaag. Om deur middel van GivenGain te skenk, kies een van die volgende:
 
  • Ek woon in die Verenigde State van Amerika​
  • Ek woon in die Verenigde Koninkryk​
  • Ek woon elders   (Bank: First National Bank; Bank address: 5th Floor, Media City nr 1, Heerengracht, Foreshore, Cape Town; Account Name: Stellenbosch University – Foreign income; Account Number: 621 0717 7083; Branch Code:  204 109; S.W.I.F.T. address:  FIRNZAJJ796. (Stuur bewys van betaling aan Lorenza George: lcg29@sun.ac.za, of faks na +27 21 808 3026 of +27 865 695 372.)​