Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Alumni-Hubs

​​Jou gradeplegtigheid is 'n belangrike mylpaal en ook die begin van jou lewenslange verbintenis met jou alma mater.

As 'n alumnus/a van die Universiteit Stellenbosch, is jy een van ons mees waardevolle belanghebbendes en ambassadeurs. Jy is deel van 'n wêreldwye gemeenskap van meer as 120 000 gegradueerdes. Jou betrokkenheid by ons verseker dat jy op hoogte gehou word van verwikkelinge by die US, dat jy 'n verskeidenheid geleenthede kry om met ander alumni in verbinding te tree en dat jou graad en alma mater altyd relevant bly.

Jy kan 'n hub-koördineerder word
Die skep van 'n hub in jou omgewing  is 'n uitstekende manier om jou "verbondenheid" tot ander alumni uit te brei. As 'n koördineerder of hub-komiteelid, sal jy verantwoordelik wees:
  • Om te dien as die primêre kommunikasie-skakel tussen plaaslike alumni en die Alumni-betrekkinge span;
  • Help met die werwing van bykomende vrywilligers;
  • Maak 'n gesamentlike jaarlikse skenking aan die US se jaarfonds;
  • Uitreik na plaaslike alumni; hulle vra om deel te neem aan plaaslike alumni-geleenthede en aan die jaarlikse skenkingsprogram; en
  • Om alumni-geleenthede te koördineer.
Die Alumni-betrekkinge span kan jou help met die volgende pligte:
  • Aktiewe alumni in streke en lande te identifiseer en te kontak. 
  • Die opstel van 'n plaaslike LinkedIn-groep vir kommunikasie-doeleindes.
  • Alumni in 'n spesifieke omgewing in kennis te stel van die hub, en:
  • Vir hulle die koördineerders se kontakbesonderhede te gee; en
  • Hulle nooi om by die betrokke LinkedIn groep aan te sluit.
  • Help om plaaslike geleenthede te koördineer deur:
  • Uitstuur van uitnodigings na alumni in die streek;
  • Die bestuur van RSVP's; en
  • Skenkingsvorms te verskaf.
Stel jy belang om 'n alumni-hub in jou omgewing te stig?

Van die plekke waar ons reeds hubs het is: 

   Washington DC                                                                New York 

    

    Hong Kong                                                                       Namibi​​ë


      ​


    Londen ​                                                                             iStock_000022095301Small_edited.jpg Suid-Kalifornië​