Alumni
Welkom by Universiteit Stellenbosch

US Beursfonds

#MatiesMustNotFall​

Die Universiteit Stellenbosch se leuse is Pectora roborant cultus recti. ʼn Goeie opvoeding versterk die gees. . A sound education strengthens the spirit.

Ons weet uit ervaring dat onderwys transformeer, verhef, bemagtig; ons weet dit uit die gemeenskaplike wysheid van die mensdom deur die eeue.

Daar is geen ander uitweg nie. As ons omgee vir hierdie land en al sy mense, is onderwys die antwoord.

Die Universiteit se begrotingsbeperking is egter ʼn realiteit wat ons nie kan wegwens nie. Dit is ʼn uitdaging waarvoor universiteite oor die land en die wêreld heen te staan kom.

Die onlangse #FeesMustFall- nasionale veldtog het egter lig gewerp op ons studente se stryd om hul doelwitte en droom van hoër onderwys, en alles wat ʼn graad inhou, te verwesenlik.

Hier by die Universiteit Stellenbosch ervaar ons daagliks die behoefte:

  • Die jong vrou van Limpopo wat haar studies voortsit al sien sy net haar gesin, wat van staatsubsidies leef, een keer ʼn jaar;
  • Die jong man van Bonteheuwel wat by sy ouers woon, werkloos is en net een keer per dag eet, maar wat elke dag vier uur lank per trein universiteit toe pendel omdat hy ʼn beter toekoms begeer;
  • Die jong vrou van Randburg wie se pa hul gesin jare gelede verlaat het en nie onderhoud betaal nie, maar wat haar ma, die opsigter by ʼn woonstelblok, belowe het dat sy ʼn beter toekoms vir hulle almal sal skep.

Dit is hierdie jong Suid-Afrikaners wat voordeel trek uit u skenking aan die Universiteit.

Daar is talle redes waarom u kan besluit om ons studente te help. Dalk is u ʼn trotse alumnus wat aan u alma mater wil teruggee, Matie tot Matie; of dalk is u ʼn Matie-ouer wat die 11,5%-afslag op 2016-fooie wat u deur hierdie veldtog ontvang het, wil skenk.   

Talle studente doen ʼn beroep op die vermindering of algehele afskaffing van fooie, maar die werklike behoefte is onder ons arm studente. Dit is ironies dat die verlaging van studentefooie ryk Suid-Afrikaners meer as arm Suid-Afrikaners tot voordeel sal strek.

U donasie, ongeag hoe klein, kan ʼn lewe verander. U kan huidige studente help om uitstekende onderrig aan die Universiteit Stellenbosch te ontvang.

ʼn Skenking van enige grootte aan die US-beursfonds word direk ter ondersteuning van ons studente aangewend. U skenking is ʼn mosie van vertroue as bewys van u geloof in die werk wat ons doen en die studente wat nou hier studeer. U ontvang ook ʼn belastingsertifikaat om belastingvoordele te geniet.

Maak nie saak hoe groot of hoe klein nie, u deelname is wat saak maak!

U kan ʼn skenking deur middel van ʼn tjek, direkte deposito, kredietkaart, debietorder of elektroniese fondsoordrag of aanlyn doen.

Bankbesonderhede:

Bank: Standard Bank

Taknaam: Stellenbosch

Takkode: 050610

Rekeningnaam: Universiteit Stellenbosch

Rekeningnommer: 073002437

  • Stuur asseblief bewys van u skenking aan Lorenza George: lcg29@sun.ac.za, of faks na +27 21 808 3026 of +27 865 695 372.​

. ​

iStock_000019399094Large.jpg​​iStock_000019497568Large.jpg iStock_000008295703_Medium.jpg