Die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is 'n statutêre liggaam waarvan alle US-gegradueerdes, alle voltydse en afgetrede akademiese personeel, en alle gediplomeerdes lid is. Huidige nagraadse studente wat hul voorgraadse kwalifikasie aan die US verwerf het, is ook lid van die Konvokasie. Volgens wetgewing het alle Suid-Afrikaanse universiteite ʼn Konvokasie wat die insette van alumni in sake wat die Universiteit raak, verseker. Dit verskaf ook statutêre skakeling met die Universiteit se voormalige studente.
Uitvoerende Komitee